... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Ewige Geskenk

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 5:24 “Dit verseker Ek julle: Wie luister na wat Ek sê, en in Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe. Hy word nie veroordeel nie, maar het reeds uit die dood na die lewe oorgegaan.

Listen to the radio broadcast of

Die Ewige Geskenk


Download audio file

Ek onthou hoe dit my lank gelede geïrriteer het wanneer Christene gepraat het oor Jesus, sonde, vergifnis, “om gered te word” en die ewige lewe. Al daardie goed, was vir my absoluut irrelevant en van geen toepassing op my lewe nie. Dit het gevoel asof hulle beslis van Mars af was…

Miskien noem jy jouself ‘n Christen, miskien nie. Wat jy ook al glo; hoe meer jy teen elke bult wat jou pad kruis, kop onderstebo harder moet trap net om die dag te oorleef, hoe meer irrelevant kan al daardie Christen-dinge vir jou voel.

Maar weet jy, dit was dieselfde in Jesus se tyd. Die lewe was moeilik, my vriend. Dit was hoofsaaklik bestaansboerdery en hulle moes raap en skraap om aan die lewe te bly. Boonop was daar die wrede Romeine wat hulle land beset het; en asof dit nie genoeg was nie, was daar die skynheilige godsdiensleiers wat al hoe meer reëls, meer en meer beperkings, op mense geplaas het.

Dit is onder hierdie moeilike omstandighede, wat Jesus hierdie woorde gesê het:

Johannes 5:24 “Dit verseker Ek julle: Wie luister na wat Ek sê, en in Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe. Hy word nie veroordeel nie, maar het reeds uit die dood na die lewe oorgegaan.

En verstaan jy dat die Ewige Lewe reeds hier is vir jou? Dis hier vir jou as jy Jesus aangeneem het en die Heilige Gees toelaat om jou deur al jou vreugdes en uitdagings, te lei. Ja, ons hét ook die Ewige Lewe wanneer ons ons laaste asem uitblaas en na daardie plek gaan, waar daar geen dood, of hartseer, of trane, of pyn meer is nie. ‘n Ewige Lewe in God se Teenwoordigheid, vir ewig en altyd.

Sy Naam is Jesus. Glo. Hy is God se ewige geskenk aan jou.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy