... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Mag van Woorde

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 18:21 Die tong het mag oor dood en oor lewe. Hulle wat lief is om te praat, moet saamleef met die gevolge van hulle woorde.

Listen to the radio broadcast of

Die Mag van Woorde


Download audio file

As ons maar net kon besef hoeveel impak ons woorde het … Ek het eenkeer iemand hoor sê dat woorde houers vol krag is – emmervol. Die dinge wat ons vir ander mense sê, kan werklik lewe of dood bring.

Ek het onlangs ‘n spreker op YouTube gehoor wat oor hierdie einste ding gepraat het. Hy het die storie vertel van sy beste vriend wat altyd sy pa se goedkeuring wou verdien. Maar sy pa was ‘n onverbiddelike outokraat wat nooit sy seun aangemoedig het nie.

Toe hierdie vriend op universiteit was, het hy deurgaans A’s in al sy vakke behaal. Nou sal my pa tog sekerlik sê: “Mooi so seun.” Hy het sy pa opgewonde geskakel om sy goeie nuus mee te deel met die verwagting dat hy nou uiteindelik dié goedkeuring, waarna hy so lank al smag, sal ontvang.

Wat was die pa se reaksie? “Ek is besig. Ek sal jou later terugbel.” Hy het dit nooit gedoen nie, en op daardie stadium het die man net finaal moed verloor. Hy het hom tot dwelms en alkohol gewend en nie lank daarna nie, is hy aan ‘n dwelmoordosis dood. Die YouTube-spreker se slotsom was: jou mond kan gif spoeg of dit kan ‘n gewonde siel genees. Wat sê God deur Salomo in:

Spreuke 18:21 Die tong het mag oor dood en oor lewe. Hulle wat lief is om te praat, moet saamleef met die gevolge van hulle woorde.

Wat sê jóú tong? Is jy gereed om die gevolge van jou woorde te aanvaar? Laat ek dit weer sê, woorde het krag – emmersvol krag – die krag om op te bou of die krag om af te breek. As ons maar net elke dag die krag van ons woorde besef! Die krag om seer te maak of om te genees.

Die tong het mag oor dood en oor lewe. Hulle wat lief is om te praat, moet saamleef met die gevolge van hulle woorde

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.