... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Resep Vir Vrede (3)

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Kolossense 3:15 En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar.

Listen to the radio broadcast of

Die Resep Vir Vrede (3)


Download audio file

Watter gedagtes oorheers jou denke? Wat beïnvloed jou gedrag en persoonlikheid? Die meeste mense sal sê … hul omstandighede, die mense rondom hulle en die posisies waarin hulle hulself bevind, bepaal dit. Maar weet jy, al te dikwels word ons die soort mense wat ons is, as gevolg van die prikkels waarop óns reageer.

Dink daaroor na. As jy grootgeword het in ’n liefdevolle huis met fantastiese ouers, al was hulle ver van volmaak … gaan jy ’n heel ander mens wees as iemand, wat van die een stel pleegouers na die volgende verskuif is, sonder dat iemand hulle ooit regtig liefgehad het.

En as volwassenes, bepaal ons omstandighede dikwels op dieselfde manier, ons denke. ‘n Veilige werk teenoor werkloosheid; ‘n gelukkige huwelik teenoor ‘n egskeiding; goeie verhoudings teenoor verhoudings vol konflik. Al hierdie dinge het ‘n groot impak op watter soort mens ons word.

Maar is dit die regte ding om toe te laat dat situasies, omstandighede en die mense daar buite, die bepalende motivering in ons lewens is, of is daar ‘n beter oplossing?

Kolossense 3:15 En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar.

Kom ons erken dit, die lewe daar buite is ‘n ware tuimeltreinrit. Jy beleef voor- en teenspoed, storms en orkane, maar rustige dae ook. Wil jy regtig permanent in ‘n tuimeltrein rondgeslinger word? Neewat, dis nie ‘n lewe nie!

En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee

En terwyl jy met al daardie goed in jou lewe stoei, wees dankbaar; wees altyd dankbaar, want God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe.

Hoe nader jy aan Jesus kom, hoe meer vrede sal jy in jou lewe hê.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.