... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Verstote Skepper

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 1:10,11 Hy wás in die wêreld – die wêreld het deur Hom tot stand gekom – en tog het die wêreld Hom nie erken nie. Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie.

Listen to the radio broadcast of

Die Verstote Skepper


Download audio file

Vir baie mense is die viering van Kersfees, ‘n dag om sommer maklik te ignoreer – om Hom te ignoreer. Ag, kry tog net klaar met die aaklige bome, die versierings, die pronkery en kalkoenedit sal alles vinnig verby wees, en dan kan ons met ons lewens aangaan.

Ek het onlangs ‘n man met die naam van Andrew ontmoet. Hy het my gevra wat ek doen. Toe ek hom vertel dat ek ‘n predikant is, het hy sy gesig op ‘n plooi getrek en my vinnig geantwoord: “O, ek glo nie in al daardie gemors nie. Dis net ’n fabel.”

Ek het op daardie oomblik nie beledig gevoel nie; ek was net hartseer oor hom. Want dis presies hoe ek jare gelede, voordat ek Jesus as my Verlosser aangeneem het, sou reageer het. En dit is hoe die wêreld die afgelope tweeduisend jaar lank reageer. Johannes was daar! Hy het gesien hoe mense Jesus misken:

Johannes 1:10,11 Hy [Jesus] wás in die wêreld – die wêreld het deur Hom tot stand gekom – en tog het die wêreld Hom nie erken nie. Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie.

Miskien is jy ‘n bietjie soos Andrew. Indien wel, wees verseker dat ek vir jou bid, soos ek vir Andrew bid. Hoekom bid ek? Omdat Jesus bestaan. Hy is lief vir jou. Hy het gekom om jou te red. En my gebed is dat jy Hom sal leer ken as jou Verlosser en die Here van jou lewe. Jou ewigheid hang daarvan af!

Of miskien ken jy reeds vir Jesus, en het jy iemand soos Andrew in jou lewe. Bid asseblief elke dag vir daardie persoon en as die Here die deur oopmaak, vertel hom wat Jesus in jou lewe gedoen het. Sy ewigheid hang daarvan af.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy