... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Een Grootte Pas Nie Vir Almal Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 12:4-6 Ons besit elkeen een liggaam wat uit baie ledemate bestaan en wat elkeen sy eie spesiale funksie het. Net so is dit ook met Christus se liggaam. Al is ons baie, vorm ons saam een liggaam omdat ons aan Christus verbind is, en as ledemate van hierdie één liggaam hoort ons saam en het ons mekaar nodig. Ons het gawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het. Ons moet hierdie vermoëns reg gebruik. As God aan jou die gawe gegee het om te profeteer, moet jy dit aanwend in ooreenstemming met ons geloofsoortuigings.

Listen to the radio broadcast of

Een Grootte Pas Nie Vir Almal Nie


Download audio file

Ons het seker almal al daardie frustrerende ervaring gehad om, wanneer jy navrae wil doen, jy by ‘n onbekwame persoon uitkom of erger nog as jy uitkom by ‘n u oproep is vir ons belangrik…. opname-boodskap. Die operateurs is telkens onkapabel om jou te help; of dit nou jou bank, ‘n diensverskaffer, ‘n versekeringsmaatskappy, of wat ook al is. Dit maak jou mal, nè?

Oor die algemeen is dit nie die operateur se skuld nie. Die maatskappye gee hulle rigiede rekenaarprogramme waarmee hulle moet werk en streng grense waarbinne hulle kan onderhandel. Nouja, as jy mooi daaraan dink, word ons gefrustreer deur hierdie ‘een-grootte-pas-almal’-benadering.

En tog, as ons eerlik is, is dit presies hoe óns die mense om ons behandel. Ons eis dat hulle na ons pype dans; ons verwag dat hulle saam met ons moet stem.

Hoe dikwels het jy verwag dat iemand dinge soos jy sal insien, en was jy vies wanneer hy óf nie wou nie, óf nie kon nie? Die waarheid is dat God elkeen van ons anders gemaak het, en daarom gaan ons dinge deur óns oë sien. Ek weet ons weet wat ons behoort te doen, maar dit kan ons steeds irriteer en kwaad maak.

Romeine 12:4-6 Ons besit elkeen een liggaam wat uit baie ledemate bestaan en wat elkeen sy eie spesiale funksie het. Net so is dit ook met Christus se liggaam. Al is ons baie, vorm ons saam een liggaam omdat ons aan Christus verbind is, en as ledemate van hierdie één liggaam hoort ons saam en het ons mekaar nodig. Ons het gawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het. Ons moet hierdie vermoëns reg gebruik. As God aan jou die gawe gegee het om te profeteer, moet jy dit aanwend in ooreenstemming met ons geloofsoortuigings. (NLV)

Moet asseblief nie geïrriteerd raak wanneer mense anders as jy is nie. Dit is immers hoe God dit altyd beplan het en ons hoort saam en ons het mekaar nodig.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.