... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Ek Het U Lief, My Here

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 18:2,3 Ek het U baie lief, Here; U is my sterkte. Die Here is my rots, my vesting en my redder, my God, en my rots by wie ek skuil. Hy is my skild, my magtige redder, my veilige vesting. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Ek Het U Lief, My Here


Download audio file

Daar is min dinge so skrikwekkend soos ‘n aardbewing… Wanneer die grond onder jou voete begin bewe, wag jy in vrees vir die oomblik wat die gebou om jou gaan ineenstort en jou onder sy puin gaan vergruis.

Volgens die webwerf livescience.com het die sterkste aardbewing wat nog ooit opgeteken is, op 22 Mei 1960 in Valdivia, Chili, plaasgevind. Dit het ‘n sterkte van 9,5 op die Richterskaal geregistreer. Sowat 1 655 mense is dood, duisende ander is beseer en miljoene is dakloos gelaat. Die aardbewing het ‘n tsoenami veroorsaak wat tot in Hawaii, Japan en die Filippyne verwoesting gesaai het.

Ons aanvaar dat die grond onder ons voete beslis rotsvas sal wees en gelukkig is dit in die meeste dele van die wêreld die geval, want daardie rampspoedige skuddings is baie skaars. Maar ongelukkig is rampspoedige gebeure, wat ons lewens tot in die kern skud, glad nie so skaars nie.

Soms is dit as gevolg van dinge wat met ons gebeur. Ander kere broei die probleme vir jare in ons binneste voordat dit soos ‘n vulkaan ontplof. As ek terugkyk na my lewe, kan ek drie of vier dinge wat met my gebeur het, opnoem. Dinge wat ek nie my grootste vyand sou toewens nie. Wat van jou?

Wat ons in daardie tye nodig het, is vaste grond onder ons voete. Ja, in daardie verskriklike tye wanneer die fondamente van ons lewens onder ons voete bewe, wanneer alles wat ons vir onsself gebou het, ineenstort en dreig om die lewe uit ons te wurg …

Psalm 18:2,3Ek het U baie lief, Here; U is my sterkte. Die Here is my rots, my vesting en my redder, my God, en my rots by wie ek skuil. Hy is my skild, my magtige redder, my veilige vesting. (NLV)

Laat die Here ook jou Rots wees.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.