... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Ewigheid 101

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Korintiërs 4:16 - 18 Om hierdie rede word ons nie moedeloos nie. Al is ons uiterlik besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe. Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op 'n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly. Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.

Listen to the radio broadcast of

Ewigheid 101


Download audio file

Wat is dit wat jou deur die eindelose, daaglikse sleur van die lewe aan die gang hou? Wat is dit wat jou nie moedeloos laat voel wanneer daar moeilikhede oor jou pad kom nie? Is daar iets waarna jy uitsien? Het jy ‘n doelwit wat jy vir jouself in die toekoms stel?

Al voel dae soms oneindig lank, is ons lewe vlietend. Ons is in werklikheid niks meer as indringers op hierdie aarde nie. Ons is soos die lied sê: ‘maar grassade wat in die wind verwaai.’ En soos ons voortploeter in die lewe, soos elke dag verbyrol, word ons liggame ouer en kom ons nader aan die graf.

Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek geniet my lewe en ek bid dat jy dit ook so ervaar. Maar dit lyk of daar altyd ‘n stryd aan die gang is, nie waar nie? Nouja, wat is die hoop wat jou aan die gang hou – ongeag hoe jou omstandighede vandag lyk? Kyk wat die apostel Paulus vir ons te midde van ontsettende moeilike omstandighede sê in:

2 Korintiërs 4:16 – 18 Om hierdie rede word ons nie moedeloos nie. Al is ons uiterlik besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe. Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op ‘n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly. Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.

Wat het Paulus deur al sy swaarkry gedra? Dit was dat die onsigbare ewige lewe, eendag syne sal wees! My vriend, Jesus het na hierdie aarde gekom om vir jou te red. Hy het vir jou gesterf en weer opgestaan. Glo in Hom met alles wat jy is … en weet dat die ewige heerlikheid op jou wag. ‘n Ewigheid soveel groter as wat jy jou kan voorstel. Byt vas en hou net aan, die beste lê nog voor.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.