... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hoe Jy Deur Die Lewe Reis

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Timoteus 1:7 Want God het ons nie ’n gees van lafhartigheid gegee nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Hoe Jy Deur Die Lewe Reis


Download audio file

Hoe ver beweeg jy elke dag? Miskien pendel jy werk toe en terug. Miskien gaan jy ook uit om te draf of te stap. Elke nou en dan gaan jy dalk op ‘n langer reis. Dink ‘n bietjie: hoe ver beweeg jy gemiddeld elke dag?

Volgens ‘n onlangse artikel in die BBC se ‘Science Focus Magazine’ beweeg die aarde daagliks sowat 2,5 miljoen kilometer op sy wentelbaan om die son, en19 miljoen kilometer in verhouding tot die middel van die Melkweg, ons sterrestelsel.

Afhangend van jou perspektief, beteken dit dat jy, sonder dat jy dit ooit besef, ook elke dag tussen twee en ‘n half en negentien miljoen kilometer deur die ruimte beweeg. Dit is die werklikheid van hoe jy deur die lewe reis. Slaan dit nie jou asem weg nie? Dit laat my spraakloos!

Hier is nog ‘n ewe verstommende waarheid oor hoe enigiemand wat in Jesus glo, deur die lewe reis:

2 Timoteus 1:7 Want God het ons nie ’n gees van lafhartigheid gegee nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing. (NLV)

God – die Skepper van die Heelal – het sy Heilige Gees gestuur om in elkeen wat deur geloof, hul lewens vir Jesus gegee het, te woon. Met al daardie krag, met al daardie liefde, met al daardie selfbeheersing – meer as wat ek en jy ooit nodig sal hê – het Hy genoeg krag in sy kragsentrale voorberei vir jou om die lewe, wat Hy vir jou beplan het, ten volle te kan leef.

My vriend, wanneer jy jou vertroue in Jesus plaas, is jy nooit alleen nie. Jy het altyd al die krag, liefde en selfbeheersing wat jy ooit nodig sal hê om deur die versoekings en beproewings van hierdie wêreld te kom.

Moet dus nie bang wees nie. Jy het dit alles.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.