... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hoekom Aan Heilgheid Werk?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Petrus 1:14-16 Wees gehoorsaam aan God, want julle is sy kinders. Moenie weer soos vroeër julle natuurlike neigings die oorhand laat kry nie. Julle het destyds nie van beter geweet nie. Soos Hy wat julle geroep het heilig is, moet julle in julle hele lewenswandel ook heilig wees. Hy het immers self gesê: “Wees heilig, want Ék is heilig!” (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Hoekom Aan Heilgheid Werk?


Download audio file

Om deugsaam te wees en goed te doen, kan moeilik wees. Wanneer almal in die lewe boos optree – wat nogal dikwels gebeur – is dit moeilik om stroom-op te swem. Is dit regtig die moeite werd? Moet jy selfs probeer?

Dink terug aan die laaste keer toe jy teen die stroom geswem het – teen sosiale norme, teen portuurgroepsdruk, in gesinskonflik – deur bloot te probeer om goed te wees en goed te doen. Hoe het jy dit ondervind?

Jy kom uiteindelik op die punt waar jy dink: Ag, hoekom moet ek myself moeg maak as dit nie werk nie? Ek gaan handdoek ingooi en saam met die stroom gaan. Want om anders te wees, is harde werk.

Weet jy, dít is wat die woord heiligheid beteken – afgesonder of toegewy aan God om sy doel te vervul. Dit gaan daaroor om te verskil van die res van die wêreld op die wyse waarop ons ons liefde en ons waardes uitleef en hoe ons ons gedra … omdat ons aan Hom behoort. Maar as dit dan so moeilik is, hoekom sal ek myself afsloof?

1 Petrus 1:14-16 Wees gehoorsaam aan God, want julle is sy kinders. Moenie weer soos vroeër julle natuurlike neigings die oorhand laat kry nie. Julle het destyds nie van beter geweet nie. Soos Hy wat julle geroep het heilig is, moet julle in julle hele lewenswandel ook heilig wees. Hy het immers self gesê: “Wees heilig, want Ék is heilig!” (NLV)

Hoekom moet ons in ons lewenswandel heilig wees? Want as jy God ken, weet jy dis wat Hy van jou vra. Wanneer jy Hom liefhet, word jy geroep om Hom te gehoorsaam, om anders te wees, om afgesonder te wees … want, jy is mos sy kind; Hy het jou gekies.

En asof dit nie genoeg is nie; hier is wat God vandag vir jou sê: “Wees heilig, want Ék is heilig!”

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.