... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Intense Reiniging.

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 51:12 Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig.

Listen to the radio broadcast of

Intense Reiniging.


Download audio file

Wanneer ons stilstaan en daaroor nadink, weet ons instinktief dat ons optrede direk vloei uit wat in ons harte aangaan. Die probleem is dat ons nie gereeld genoeg stilstaan en daaroor nadink nie.

Wanneer laas het jy irrasioneel opgetree? Hoekom het jy beheer verloor? Wat het dit veroorsaak? Nouja, dit was waarskynlik op daardie oomblik die een of ander onbenullige dom dingetjie, waarop jy, op grond van wat in jou hart aan die gang was, gereageer het.

Of dalk was jou reaksie bloot as gevolg van nog ‘n voortdurende patroon van stimulus, reaksie; stimulus, reaksie. En hoe verder ons op daardie paadjie voortsukkel, hoe meer bevind ons onsself in ‘n vernietigende gedragspatroon waaruit ons nie maklik kan ontsnap nie.

Dit was wat met koning Dawid van Israel gebeur het toe hy homself tegelykertyd aan egbreuk en moord skuldig gemaak het. Maar toe hy besef het dat hierdie verskriklike ding wat hy gedoen het, uit sy hart gekom het en dat hy weet dat hy magteloos was om homself te beheer, is dít wat hy gebid het:

Psalm 51:12 Skep vir my ‘n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig.

Om aldag te verstaan wat diep in jou hart aangaan, is regtig moeilik en baie dikwels onmoontlik. Dawid was dus slim genoeg om vir God te vra om dit vír hom te doen. Hy vra God om hom te reinig en om deur sy Heilige Gees sy hart te verander, sodat veranderinge in sy gedrag daaruit sal voortvloei.

Wat ‘n slim ding om vir God te vra; eerder as om self jou optrede te probeer verander terwyl jou hart nog nie op die regte plek is nie.

Skep vir my ‘n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.