... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jou Hoop op Heerlikheid

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Kolossense 1:27 God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe wonderlik die heerlikheid van hierdie geheim vir alle volke is. Die geheim is: Christus leef in julle. Dit is die vooruitsig dat julle in die hemelse heerlikheid sal deel. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Jou Hoop op Heerlikheid


Download audio file

Wat deesdae in hierdie wêreld as ‘die waarheid’ voorgehou word, is meer en meer ‘n bose konsep wat lewens vernietig. Daarom vermy baie van ons hierdie sogenaamde ‘waarheid’, want dit word bykans onmoontlik om te weet wat die regte waarheid is.

Miskien klink dit ‘n bietjie pessimisties, maar byt vas… Dit gaan baie erger word. Alhoewel kunsmatige intelligensie ongetwyfeld baie voordele vir die samelewing sal inhou, sal dit ook deur bose rolspelers gebruik word om enige idee dat daar ‘n onbevooroordeelde waarheid is, verder skade te berokken. Vervalste fop video’s – waar jy iemand iets kan laat sê wat hulle nooit gesê het nie – sal net die begin daarvan wees.

Maar daar is niks nuuts daarin nie. Vir jare lank al het “die nuus” wat in vervloë dae oor die algemeen ‘n objektiewe vertelling van die feite was, verander in ‘n redaksionele mening. Daar is deesdae bitter min nuus op televisie, in die pers of aanlyn, wat nie die een of ander kinkel het nie. Ja, hulle het die een of ander verskuilde agenda!

Maar daar is een Waarheid – een glorieryke Waarheid – wat nooit verander nie, wat altyd vertrou kan word, wat jou altyd tot seën sal wees.

Kolossense 1:27 God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe wonderlik die heerlikheid van hierdie geheim vir alle volke is. Die geheim is: Christus leef in julle. Dit is die vooruitsig dat julle in die hemelse heerlikheid sal deel. (NLV)

Jesus het vir jou gesterf sodat jou sondes vergewe kan word. Hy het weer opgestaan om jou ‘n nuwe lewe te gee. En as jy in Hom glo, word daardie geheime waarheid ‘n werklikheid: As jy vir Hom lewe, leef Hy in jou.

Christus en Christus alleen is jou hoop op heerlikheid.

Nouja… dit is ‘n waarheid wat die moeite werd is om aan vas te hou. Want …

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.