... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Radikale Kopskuif

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus 9:35 Jesus het gaan sit en die twaalf geroep. Hy sê toe vir hulle: “As iemand die eerste wil wees, moet hy die heel laaste en almal se dienaar wees.”

Listen to the radio broadcast of

‘n Radikale Kopskuif


Download audio file

Baie van die struweling in hierdie wêreld, gaan oor mense wat stry oor wie die belangrikste is; wie die rykste is; wie as die mees indrukwekkende persoon en as die leier van die groep gesien word. Maar my vriend, hierdie wedywering om ‘gesien’ te word, begin ongelukkig al deesdae baie vroeg, reeds in die kinderjare.

As julle broers en susters het, sal julle ongetwyfeld onthou hoe julle vroeër ook onder mekaar baklei het. Ek en my suster het beslis. Ja, en jy weet dis ook onvermydelik deel van jou kinders se grootwordproses. Dit is hoekom dit pa en ma se werk is om hulle die moeilike lewenslesse vroeg te leer, sodat hulle uiteindelik verantwoordelike volwassenes sal word.

Maar soos ons gister gesien het, het Jesus se twaalf dissipels nie hulle lesse die eerste keer foutloos geleer nie. Hulle het in hierdie situasie gestry oor wie die belangrikste in hulle groep is. Maar toe Jesus hulle daaroor uitvra, het hulle besef dat hulle kleinlik en onvolwasse optree. Hulle het so skaam gekry dat hulle Hom nie kon antwoord nie.

Jesus het natuurlik geweet waaroor hulle gestry het. Maar kom ons kyk hoe Hy die situasie hanteer het:

Markus 9:35 Jesus het gaan sit en die twaalf geroep. Hy sê toe vir hulle: “As iemand die eerste wil wees, moet hy die heel laaste en almal se dienaar wees.”

Dit is iets wat enigiemand met lewenservaring verstaan. Diegene wat ons die meeste gehelp het, is diegene vir wie ons die grootste respek in ons lewens het. So, hoekom het die dissipels dit nie verstaan nie? Hoekom is dit dat óns dit soms eenvoudig nie verstaan nie?

Omdat ons van nature selfsugtig en onvolwasse is. Soos kinders wil óns die belangrikste wees. Regtig?! Wil jy ook die belangrikste wees? Onthou dan:

“As iemand die eerste wil wees, moet hy die heel laaste en almal se dienaar wees.”

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.