... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Nuwe Woorde, Ou Woorde

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 33:4-5 Want die woord van die Here is waarheid, en alles wat Hy doen, staan vas. Hy het regverdigheid en reg lief, en sy troue liefde vul die aarde. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Nuwe Woorde, Ou Woorde


Download audio file

Ons sien hoe nuwe woorde en frases só gereeld by ons Afrikaanse Woordelys gevoeg word, dat ons nie kan byhou nie. Maar dit is geensins ‘n nuwe ding nie.

Volgens ‘n onlangse artikel wat ek raakgeloop het, het William Shakespeare meer as 1 700 nuwe woorde in die Engelse taal geskep. Woorde vir “slaapkamer”, “hofmakery” en “windmakerig”. Daar word gesê dat Charles Dickens die woorde vir “lomperd” en “vloerlap” vir die eerste keer gebruik het, en dr. Seuss het glo met ‘n woord vir “bleeksiel” vorendag gekom.

Ons sien deesdae, dat daar baie nuwe woorde ontstaan. Dis hoofsaaklik te danke aan vindingryke jongmense op sosiale media. Woorde vir begrippe soos “digital nomad“(mense wat enige plek op aarde kan werk, sonder om kantoor toe te gaan) “hellscape,” (‘n baie onaangename plek) “trauma dumping” (iemand wat ongenooid die besonderhede van sy traumatiese ervaring aan iemand anders vertel). Dis nuwe woorde wat die gees van ons tyd weerspieël.

Die wêreld het immers aanbeweeg. Dinge het drasties verander. Ons het vandag met kwessies te doen waarvan ons voorvaders nooit eers kon droom nie. En dit is so maklik om te dink dat ons baie slimmer as hulle is! Kyk net na ons briljante idees en ons oorspronklike gedagtes!

Tog verwoes soveel van die dinge wat ons as “vooruitgang” bestempel lewens en huwelike. Sogenaamde vooruitgang laat talle kinders vaderloos grootword. Ja, die basiese beginsels van die lewe gaan verlore.

Psalm 33:4-5 Want die woord van die Here is waarheid, en alles wat Hy doen, staan vas. Hy het regverdigheid en reg lief, en sy troue liefde vul die aarde. (NLV)

Watter taal jy ook al praat, waar jy ook al woon, wat jy ook al doen … moenie die Woord van God weggooi nie. Dit is reg, dit is waar. Dit vertel ons van die Here se getrouheid, sy goedheid, sy geregtigheid. In ‘n wêreld wat al hoe meer in wanorde is, beteken nie elke nuwe idee vooruitgang nie!

Soms moet ons teruggaan na die basiese beginsels om te ontdek dat die wêreld inderdaad vol van God se onfeilbare liefde is.

Dit is sy Woord. Vars … vir jou … vandag.