... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Offer 101

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Filippense 2:3-5 Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander. Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was:

Listen to the radio broadcast of

Offer 101


Download audio file

Mense dink deesdae baie anders oor belangrike sake. Dis asof daar ‘n groot verskuiwing in mense se koppe aan die gang is. Maar weet jy, dis nie ‘n nuwe ding nie. Waar mense voorheen ingestel was op hul medemens, fokus hul nou op hulself, of soos die geleerdes dit stel: Dit is die globale verskuiwing weg van ‘n kollektiewe, wedersyds-verantwoordelike wêreldbeskouing na ‘n individualistiese een.

Mens sien dít al lankal duidelik in die Weste. Mense het oor die afgelope eeu, soos ekonomieë ontwikkel het en soos mense ryker geword het, meer regte vir hulself geëis. En soos rekenaars en selfone die middelpunt van ons wêreld geword het … het mense so selfsugtig geword, dat hul verhoudings met hul medemens nog slegter geword het.

As gevolg van verwestering, het hierdie idee dat jy die belangrikste persoon is en dat jy geregtig is op baie voorregte, ook in ontwikkelende nasies oorgeneem.

Maar hierdie verskriklike selfsug, is niks nuuts nie, dis van die vroegste tye af met ons. Dit is waarom Jesus se opdrag om ‘n lewe van opoffering te lei, nog altyd vir die mens moeilik was om te sluk, en altyd sal wees. Ja, dis natuurlik hoekom Jesus se opdrag om jou lewe vir Hom op te offer, vir so baie mense onaanvaarbaar is.

Filippense 2:3-5 Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander. Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was:

En soos ons weet, het Hy, al was Hy die Seun van God, alles prysgegee om een van ons te word, om te sterf, om gekruisig te word … vir ons.

Ja, ons leef in ‘n wêreld wat oorheers word deur mense wat selfgeregtig leef. Maar weet jy, die lewe van ‘n Christus-volgeling is presies die teenoorgestelde daarvan.

Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was:

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.