... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Opoffering

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus 9:36,37 Toe het Hy 'n kindjie geneem en hom tussen hulle laat staan. Hy het sy arm om hom gesit en vir hulle gesê: “Elkeen wat so 'n kindjie in my Naam ontvang, ontvang My; en elkeen wat My ontvang, ontvang nie net vir My nie, maar ook vir Hom wat My gestuur het.”

Listen to the radio broadcast of

Opoffering


Download audio file

Om ander te dien, is iets wat ons aan die eenkant weet ons moet doen. Maar aan die anderkant vind ons dit dikwels ongerieflik of onwelkom … selfs sommer vernederend.

As jy so daaraan dink, is dinge wat ander mense vir ons doen ontsettend belangrik. Hulle maak dit vir ons moontlik om in huise, wat ons nooit vir onsself sou kon bou nie, te kan woon; om voertuie te bestuur wat ons nooit sou kon vervaardig nie … selfs net om ons tande te kan borsel met ‘n tandeborsel wat ons nooit sou kon vervaardig nie.

Diens vereis meestal betaling. Dit is tog hoe die ekonomie werk. Maar die beste soort diens is dié soort wat gratis kom – wel, dis nie regtig verniet nie, want dit kom deur die opoffering van die een wat die diens lewer.

Dink aan die opoffering van ouers om hul kinders groot te maak. Dink aan ‘n vriend, of selfs ‘n vreemdeling wat iemand help. Jesus gebruik hierdie voorbeeld om sy dissipels oor nederigheid en diensbaarheid te leer…

Markus 9:36,37 Toe het Hy ‘n kindjie geneem en hom tussen hulle laat staan. Hy het sy arm om hom gesit en vir hulle gesê: “Elkeen wat so ‘n kindjie in my Naam ontvang, ontvang My; en elkeen wat My ontvang, ontvang nie net vir My nie, maar ook vir Hom wat My gestuur het.”

Wanneer ons iemand wat deur die samelewing as die geringste gesien word, dien, dien ons vir Jesus. In die mate waarin ons ‘n hand van liefde en aanvaarding uitsteek na die oënskynlik onbelangrike mense in hierdie wêreld, steek ons ons hand na die Here uit.

Wie lê Hy op jou hart om te dien? Wie bring Hy oor jou pad om lief te hê en te aanvaar? Want in die mate wat jy hulle liefhet, en hulle dien en hulle aanvaar – doen jy dit vir God self.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.