... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Redding 101

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Handelinge 16:29-31 Toe het die bewaarder 'n lig gevra, die sel ingestorm en bewend voor Paulus en Silas neergeval. Hy het hulle buitekant toe gevat en gevra: “Menere, wat moet ek doen om gered te word?” Hulle antwoord hom: “Glo in die Here Jesus, en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.”

Listen to the radio broadcast of

Redding 101


Download audio file

Dit is baie sinvol om elke nou en dan terug te gaan na die basiese dinge om te verseker dat ons op koers bly en om onsself te herinner aan wat werklik belangrik is. En ons weet dat die belangrikste ding van alles is, waar jy jou ewigheid gaan deurbring – want die ewigheid is ‘n baie, baie lang tyd. Dit hou nooit op nie.

Ja, die ewigheid is iets waaroor God baie duidelik is. Wanneer ons sterf sal ons siel vir ewig voortleef – óf in sy Teenwoordigheid, óf permanent geskei van Hom; in daardie toestand wat Jesus self die “hel” noem.

Die ewigheid vorm ‘n sterk tema dwarsdeur die Bybel, en kan nie afgewater word nie. Ons kan dit nie sommer afmaak met ‘n verskoning soos: “Ag moenie worrie nie, ek is nou nie perfek nie, maar God het my lief, dus behoort ek darem seker aanvaarbaar te wees.” Neewat, wie wil nou die plek waar jy vir altyd en altyd gaan wees, op so ‘n onsekere geloof bou? Wil jy?

So, hoe kan jy seker maak dat jy in die regte rigting op pad is? Dis die vraag van die tronkbewaarder in Filippi. Hy het pas ‘n groot wonderwerk aanskou toe die tronk se deure oopgegaan en die gevangenes se boeie afgeval het:

 Handelinge 16:29-31 Toe het die bewaarder ‘n lig gevra, die sel ingestorm en bewend voor Paulus en Silas neergeval. Hy het hulle buitekant toe gevat en gevra: “Menere, wat moet ek doen om gered te word?” Hulle antwoord hom: “Glo in die Here Jesus, en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.”

Die enigste manier om van ‘n ewigheid van straf in die hel gered te word, is om in Jesus te glo. En ons praat nie van die een of ander intellektuele, merk-die-blokkie, ‘geestelike oorgawe’ van lank gelede nie, maar van ‘n verhouding met Jesus Christus waar jy jou hele lewe, met alles wat jy het en is, in sy hande gee. So …

Wat moet jy doen om gered te word? “Glo in die Here Jesus, en jy sal gered word…”

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.