... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wanneer die Tyd Aanbreek

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Kronieke 28:10 En jy, Salomo... Besef nou dat die Here jou gekies het om 'n gebou as heiligdom op te rig. Pak nou die werk aan en doen dit!”

Listen to the radio broadcast of

Wanneer die Tyd Aanbreek


Download audio file

Ons het almal hoop en drome. Eendag droom ons hieroor … en dan daaroor… En dit is ‘n goeie ding. ‘n Baie goeie ding. God werk kragtig deur daardie drome van ons. Maar eendag word dit tyd om hand aan die ploeg te slaan.

Dit is tog te lekker om te droom, nè? Dis wonderlik om te sit en te droom oor al die fantastiese dinge wat jy gaan doen. Jy gee jou verbeelding vrye teuels om te droom oor al die wonderlike dinge wat jy … eendag; wanneer die tyd ryp is, sal doen; eendag wanneer omstandighede ideaal is; iets wat jy vir nou so effens op die lange baan skuif.

Om die waarheid te sê, ons kan sulke wonderlike dromers wees, dat die wrede werklikheid van om te begin en hand aan die ploeg te slaan, baie onaangenaam lyk. Ag nee, moet ek dit doen?  Regtig? Daardie verskriklike harde werk. Ek sal maar wag tot die tyd regtig ryp is. Maar as jy die omvang van die taak in ag neem, is dit snaaks hoe die tyd nooit regtig heeltemal reg voel nie.

Koning Dawid het dit aan sy seun en opvolger, Salomo, gesê:

1 Kronieke 28:10En jy, Salomo… Besef nou dat die Here jou gekies het om ‘n gebou as heiligdom op te rig. Pak nou die werk aan en doen dit!”

Wel, as jy aanhou lees oor die gedetailleerde planne wat David aan hom oorhandig het, was die taak enorm – onthou daar was geen masjinerie, geen elektrisiteit, geen outomatisering nie.

Die oprigting van die tempel het Salomo sowat sewe jaar van fyn beplanning, leierskap, logistiek en ingenieursvaardighede, soos daar nog nooit tevore gesien is nie, geneem. Dit was veeleisende en inspannende harde werk, nie net vir Salomo nie, maar vir die duisende werkers wat betrokke was.

Die tyd mag dalk nooit reg voel nie. Omstandighede mag nooit ideaal lyk nie. Maar jy moet inspring en dít waartoe God jou geroep het, doen, al is dit ‘n maraton.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.