... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wanneer ‘n Miljardêr Sterf

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jakobus1:9-11 Gelowiges wat nie status in die samelewing het nie, moet trots wees op die status wat God aan hulle gee. Gelowiges wat ryk is, moet bly wees oor hulle nederige status voor God. Want hulle rykdom sal soos die veld se blomme net ’n rukkie hou. Julle weet mos: Die warm son kom met gloeiende hitte op en verskroei die veld. Die blomme val af, en die veld se prag is weg. So sal die rykes ook met alles wat hulle bymekaargemaak het, vergaan. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Wanneer ‘n Miljardêr Sterf


Download audio file

Dink jy nie ook dat die wêreld absoluut behep is met rykdom nie? Geld, geld, geld. Hoe kan ek meer daarvan maak? Hoe kan ek selfs net ‘n bietjie meer hê? Hoe kan ek die luukshede bekostig wat ek graag wil hê?

Die media hou daarvan om gereeld te bespiegel oor wie die rykste persoon in die wêreld is. Is dit Elon Musk van Tesla, Jeff Bezos van Amazon, Larry Ellison van Oracle, Warren Buffet, Bill Gates? Dis almal ouens, wie se rykdom in miljarde Amerikaanse dollars getel word; in hoeveelhede, wat blote sterflinge soos ons nie eers kan probeer begryp nie.

Hulle lyk amper onaantasbaar. Dit lyk asof hulle skatte hulle soos ‘n ondeurdringbare wapenrusting beskerm en dat niks hulle ooit kan seermaak nie. En tog is dit glad nie waar nie, inteendeel…

Jakobus 1:9-11 Gelowiges wat nie status in die samelewing het nie, moet trots wees op die status wat God aan hulle gee. Gelowiges wat ryk is, moet bly wees oor hulle nederige status voor God. Want hulle rykdom sal soos die veld se blomme net ’n rukkie hou. Julle weet mos: Die warm son kom met gloeiende hitte op en verskroei die veld. Die blomme val af, en die veld se prag is weg. So sal die rykes ook met alles wat hulle bymekaargemaak het, vergaan. (NLV)

Rykdom kan jou nie beskerm teen ‘n mislukte huwelik of ‘n eiesinnige kind, teen hartseer of moedeloosheid of ontwrigting nie. Dit kan jou nie eers beskerm teen slegte dinge wat jou sal verneder nie. En dit kan jou beslis ook nie teen die dood beskerm nie.

Moet tog asseblief, nooit toelaat dat enige rykdom wat jy dalk mag hê, jou, soos met baie ryk mense die geval is, met ‘n valse gevoel van veiligheid sus nie. Want terwyl hulle nog plannetjies maak om nog meer geld te maak, gaan hulle sterf.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.