... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wat Sal God Nie Seën Nie?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jesaja 59:1,2 Die arm van die Here is nie te kort om te help nie en sy oor is nie te doof om te hoor nie. Dit is julle oortredinge wat skeiding gebring het tussen julle en julle God, dit is julle sondes wat maak dat Hy Hom nie aan julle steur nie en nie na julle wil luister nie.

Listen to the radio broadcast of

Wat Sal God Nie Seën Nie?


Download audio file

Daar is tye in die lewe wanneer God ‘n miljoen kilometer ver weg voel. En dit is ‘n ontstellende gevoel. Selfs as jy God nie regtig ken nie; as jy nog nooit jou hart met oorgawe aan Jesus gegee het nie, weet jy steeds dat iets skort.

Miskien wil jy vandag hê ek moet praat oor God se seën, die groot toekoms wat Hy vir jou beplan het, die goeie dinge wat Hy in jou lewe wil laat gebeur? En hoewel al hierdie dinge waar is, kry jy vandag nie een van daardie boodskappe nie!

Ek moet vandag konsentreer op die kern oorsaak van ons skeiding van God: die besluit om ons eie pad te loop. Ons lees in die Bybel dat dit sonde is en dat ons nie daardeur vir God eer nie … maar dit was duisende jare gelede van toepassing. Dinge het verander. Ek weet nou van beter. Ek sal daardie gedeelte uit my Bybel uitskeur en my eie pad loop.

Het jy al gesien dat dinge bietjie vir bietjie begin skeefloop en voor jy weet, is jy in ‘n groot gemors en dit lyk of God ‘n miljoen kilo’s ver is. Hier is hoe dit gebeur het:

Jesaja 59:1,2 Die arm van die Here is nie te kort om te help nie en sy oor is nie te doof om te hoor nie. Dit is julle oortredinge wat skeiding gebring het tussen julle en julle God, dit is julle sondes wat maak dat Hy Hom nie aan julle steur nie en nie na julle wil luister nie.

Wat is die slotsom? God seën nie wat sy Woord verbied nie.

Omdat Hy jou liefhet, sal Hy nooit jou sonde goedpraat, seën of ignoreer nie. Maar deur Jesus, sal Hy jou vergewe as jy van daardie sonde af wegdraai en na Hom toe terug kom. En binne ‘n oomblik is Hy nader as die diepste geheim van jou hart, want …

Die arm van die Here is nie te kort om te help nie en sy oor is nie te doof om te hoor nie.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.