... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wysheid Voor die Wêreld Begin Het

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 2:6,7 Tog is wat ons verkondig wysheid, maar net vir dié wat daarvoor ryp is, en dan 'n wysheid wat nie van hierdie wêreld is of van die heersers van hierdie wêreld nie. Hulle is buitendien aan die ondergaan. Wat ons verkondig, is die wysheid van God, die verborge waarheid wat bedek was en wat God van ewigheid af vir ons voorbestem het tot ons ewige heerlikheid.

Listen to the radio broadcast of

Wysheid Voor die Wêreld Begin Het


Download audio file

Die plasings in koerante en digitale kanale loop deesdae oor van wêreldse wysheid wat wissel van die verleidelike, tot die bisarre, tot die positief gevaarlike.

Hier is ‘n paar voorbeelde waarop ek vandag, op net één dag, afgekom het: Dit gaan oor mistisisme en aandagtigheid; oor gevaarlike en teenstrydige dieet advies; selfs oor hoe een vrou se ‘deeltydse werk’ as ‘n prostituut, haar loopbaan onregverdig vernietig het. As ons hierna kyk, is dit baie maklik om tot die gevolgtrekking te kom dat die wêreld heeltemal stapelgek geword het, nè?

En tog word ‘n niksvermoedende publiek aan soveel van hierdie bog, wat kamtig wysheid is, blootgestel. Vrouetydskrifte smous al jare lank met hierdie soort rommel! Ek wonder of jy al ooit in die versoeking gekom het om van hierdie snert vir soetkoek op te eet?

Maar kyk wat sê die apostel Paulus ‘n paar duisend jaar gelede aan ‘n sukkelende kerk wat ook aan wêreldse wysheid blootgestel was:

1 Korintiërs 2:6,7 Tog is wat ons verkondig wysheid, maar net vir dié wat daarvoor ryp is, en dan ‘n wysheid wat nie van hierdie wêreld is of van die heersers van hierdie wêreld nie. Hulle is buitendien aan die ondergaan. Wat ons verkondig, is die wysheid van God, die verborge waarheid wat bedek was en wat God van ewigheid af vir ons voorbestem het tot ons ewige heerlikheid.

Ek gee toe: God se wysheid lyk dalk nie aldag heeltemal so aanloklik soos die ‘wysheid’ wat die wêreld in ons kele probeer afdruk nie! Maar ons weet waar om ware wysheid; wysheid wat werk, te kry. Net by God – dis God se wysheid, wat getuig van sy liefde, nederigheid, vergifnis, goedheid …

Moenie mislei word deur die valse wysheid van sterflike mense nie. Nog voor die wêreld geskape is, het Hy al hierdie dinge spesiaal net vir ons reggemaak.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.