... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Begeer die Goeie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Amos 5:14 Probeer goed doen, nie verkeerd nie, dat julle kan lewe! Dan sal die Here die almagtige God so by julle wees soos julle sê dat Hy is.

Listen to the radio broadcast of

Begeer die Goeie


Download audio file

Ons leef vandag in ‘n wêreld gehul in boosheid. En weet jy, die versoeking, vir my en vir jou, is so groot om kwaad met kwaad te vergeld.

Ek of jy sal sekerlik nooit kwaad met kwaad vergeld nie. Ons sal beslis nooit na dieselfde vlak neerdaal as daardie verskriklike mense wat losbandigheid en verleiding, leuens en sedeloosheid, haat en histerie aanmoedig nie. Beslis nie!

As dit waar is, waarom is my sosiale media-terugvoer boodskappe propvol van sogenaamde Christene wat kritiek uitspreek oor diegene met wie hulle nie saamstem nie? Hierdie mense verdedig ongegronde samesweringsteorieë, asof dit die waarheid is. Hulle gooi vet in die vuur, eerder as om die lig van Christus se liefde in hierdie wêreld te laat skyn. Hoe moet ons dan reageer?

Amos 5:14 lui: Probeer goed doen, nie verkeerd nie, dat julle kan lewe! Dan sal die Here die almagtige God so by julle wees soos julle sê dat Hy is.

Dit is al te maklik vir Christene om eiegeregtig te wees. Om te aanvaar dat God aan ons kant is. Ons is reg en hulle is verkeerd en ek gaan, met die geregverdigde woede van God aan my kant, daarvoor baklei. Regtig?

Chuck Swindoll stel dit so: In die Bybelboek Amos, hou God sy volk verantwoordelik vir hul mishandeling van ander. Dit wys herhaaldelik hoe die volk weier om God se uiteensetting van geregtigheid te aanvaar.

My vriend, God se geregtigheid is gewortel in liefde. Liefde wat vry maak. Daarom stel Hy jou of my nooit as regter, jurie en laksman aan nie. Dis nie ons funksie nie, is dit?

Probeer goed doen, nie verkeerd nie, dat julle kan lewe! Dan sal die Here die almagtige God so by julle wees soos julle sê dat Hy is.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.