... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Blind vir die Waarheid

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 8:31,32 Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.”

Listen to the radio broadcast of

Blind vir die Waarheid


Download audio file

Was jy al in ‘n situasie waar jy bereid was om omtrent enigiets te doen om jou standpunt te staaf? Dit gebeur die hele tyd, en ons trap tot ons eie nadeel so maklik in daardie slagyster.

Dr William McBride was ‘n prominente Australiese verloskundige wat in 1961 ‘n groot rol gespeel het in die ontdekking van die middel talidomied wat as middel teen oggendsiekte voorgeskryf is. Op ‘n stadium was hy as ‘n held beskou. Dit het egter baie ernstige geboortedefekte by swanger vroue veroorsaak. In 1989 is hy skuldig bevind aan wetenskaplike bedrog deur die vervalsing van sy mediese navorsingsresultate.

Die mediese tribunaal het bevind, dat dr McBride se poging om sy bedrog te verberg, uiters laakbaar was. Dis onnodig om te verduidelik dat hy van sy roem gestroop is. Hoe gebeur so iets? Dit gebeur omdat ons desperaat wil hê dat iets wáár moet wees, wanneer dit nie is nie en gevolglik ignoreer ons die feite.

En jy sien dit deesdae in die afgelope paar jaar keer op keer gebeur in gevalle waar daar gedurende die COVID-pandemie mense mislei is en die waarheid verduister is, sodat baie mense hul lewens onnodig verloor het.

Die probleem ontstaan wanneer, andersins hoogs intelligente mense, gedryf word deur ‘n irrasionele begeerte om uitkomste te bewys wat hulle wil glo, ten spyte van wat die data sê.

Jesus het, alhoewel in ‘n heel ander konteks, hierdie beginsel uiteengesit:

Johannes 8:31,32 Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.”

Wat is die beginsel? Jy moet die waarheid ken voordat dit jou kan vrymaak. Moenie die feite ignoreer nie.

Dis God se Woord. Vars. . . vir jou . . . vandag.