... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Daardie Éen Slegte Gewoonte

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 119:92,93 As u gebooie nie vir my vreugde was nie, sou ek gesterf het van ellende. Ek sal u bevele nooit vergeet nie, want daardeur gee U my die lewe. (NLV)

Dit is snaaks hoe maklik dit is om terug te val in slegte gewoontes. Jy besluit om goeie, gesonde, voedsame kos te eet en jy geniet dit –  jy voel soveel beter – net om jouself ‘n paar weke later te vang waar jy teruggeval het in die gewoonte om gemorskos te eet. Hoekom doen ons dit? Hoekom gebeur dit?

Dit is so frustrerend, nè? Daardie slegte gewoontes, wat dit ook al vir jou is, het inderdaad ‘n sterk neiging, om ten spyte van die feit dat ons weet hoeveel ons baat by die goeies, terug te kruip.

Maar daar is een goeie gewoonte, een wenresep, wat keer dat ons terugval. Hier is dit! Die skrywer van hierdie Psalm praat met God in:

Psalm 119:92,93 As u gebooie nie vir my vreugde was nie, sou ek gesterf het van ellende. Ek sal u bevele nooit vergeet nie, want daardeur gee U my die lewe. (NLV)

Die teks het twee dele. Eerstens, ondersteun die Woord van God ons wanneer ons ly. Dit bring vir ons vreugde wat presies is wat ons nodig het terwyl ons swaarkry, want God se vreugde gee ons nuwe moed. En tweedens, is daar die versugting om nooit God se lewegewende opdragte te vergeet nie.

Die probleem is dat ons wel God se opdragte vergeet. Weet jy dat ek as leraar dit ook vergeet as ek nie elke dag God se Woord lees nie. Ek begin terugglip na my slegte gewoontes.

Die  gewoonte wat ons hierteen beskerm, is om dag na dag met God se Woord besig te wees. Dit bring vir ons vreugde. Dit herinner ons nie alleenlik aan die nuwe lewe waarvoor Jesus gesterf en opgestaan het nie, maar dit bemagtig ons. Jy hoef nie vyf hoofstukke te lees nie. Glo my, net ‘n enkele vers, wat jy toelaat om met jou te praat, kan jou vandag red.

Vind vreugde in Sy Woord. Moet nooit Sy opdragte vergeet nie, want daardeur sal jy nuwe lewe ontvang.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.