... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Goeie Herder

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 19:9,10 Daarop sê Jesus: “Vandag het daar redding vir hierdie huis gekom; ook hierdie man is 'n kind van Abraham. Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is.”

Listen to the radio broadcast of

Die Goeie Herder


Download audio file

Het Jesus na hierdie aarde gekom vir jou? Hoe dink jy? Of dink jy dat daar ‘n hele klomp ander mense is wat sy aandag en sy opoffering, meer verdien as jy?

Die belangrikste taak van ‘n herder is om sy skape veilig te hou en seker te maak dat hulle genoeg kos en water het. Vir eeue, was dit dwarsoor die wêreld, hoe dit gewerk het.

Die ongelooflikste ding is dat hy sy lewe sou waag om een, dom skaap van die rand van ‘n afgrond of van wilde diere of teen rowers te beskerm. Dit is moeilik vir ons om te verstaan, maar dit was die vlak van getrouheid van herders sedert die mensdom die eerste keer skape begin oppas het. ‘n Goeie herder is dus iemand wat bereid is om sy lewe vir sy skape af te lê.

Jesus het op ‘n dag saam met ‘n klomp sondaars in die huis van Saggeus, ‘n tollenaar, gaan eet.

In Lukas 19: 9,10 staan: Daarop sê Jesus: “Vandag het daar redding vir hierdie huis gekom; ook hierdie man is ‘n kind van Abraham. Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is.”

Hy sinspeel hier op die idee van die goeie herder wat die verlore skape gaan vind. Die mense het dít nie van Hom verwag nie. Hulle het Hom gekritiseer, omdat Hy by hierdie sondaars gekuier het.

Dit is vir ons ook om moeilik om te verstaan dat Jesus sondaars kom red het, maar weet jy, Jesus doen dit al vir millennia? Hy doen dit vandag nog steeds.

Ek het myself nooit as “verlore” beskou nie. As iemand dit destyds sou waag om my as “verlore” te bestempel, sou ek beslis aanstoot geneem het. Maar op die een of ander manier het ek tog geweet dit is waar. Ons weet dit diep in ons harte, maar ons wil dit net nie erken nie.

Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is.

”Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.



We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge