... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Moeilike Keuse

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 39:2-4,8 Ek het gesê: “Ek wil sorgvuldig let op my lewe en nie sondig met wat ek sê nie. Ek wil nie 'n woord praat as 'n slegte mens my teëstaan nie.” Ek was stom en sprakeloos, ek het geswyg, nie gepraat nie, maar my smart het al hoe groter geword. Daar was 'n brandpyn in my, Is daar nog hoop vir my, Here? U is my enigste hoop.

Listen to the radio broadcast of

Die Moeilike Keuse


Download audio file

Ons geloof word werklik getoets wanneer ons onregverdig behandel word. Die onbillikheid van die onreg is iets wat soos ‘n kool vuur in ons hart brand. En as daardie vuur uitkom, sal dit ‘n brand veroorsaak wat niks kan blus nie.

Kan ek jou vra om terug te dink aan die laaste keer wat jy onregverdig behandel is? ‘n Situasie wat so totaal onregverdig was, dat dit selfs moeilik is om dit te verwoord.

Hoe het jy gevoel? Woedend, keelvol en wraaksugtig of het jy net in ‘n hoekie gaan sit? Koning David het meer as sy deel van onregverdigheid beleef. In hierdie Psalm vertel hy hoe hy by een so ‘n geleentheid gevoel het:

Psalm 39:2-4,8 Ek het gesê: “Ek wil sorgvuldig let op my lewe en nie sondig met wat ek sê nie. Ek wil nie ‘n woord praat as ‘n slegte mens my teëstaan nie.” Ek was stom en sprakeloos, ek het geswyg, nie gepraat nie, maar my smart het al hoe groter geword. Daar was ‘n brandpyn in my, Is daar nog hoop vir my, Here? U is my enigste hoop.

Ek is seker jy het ook al sulke emosies ervaar. Daar het hy probeer om die regte ding te doen, maar die goddelose mense het hom uitgetart. ‘n Vuur het in hom gebrand. Hy wou praat … en dit is die oomblik toe hy ‘n keuse moes maak. Dit is op hierdie die punt wat ons ook moet kies. Wat sal ons nou doen? Wat sal ons sê? Sal ons ‘n vuur aan die brand steek?

Psalm 39: 8 Is daar nog hoop vir my, Here? U is my enigste hoop.

Dawid het die regte keuse gemaak. In plaas daarvan om daardie vuur aan die brand te steek (wat hy wel sou kon doen), het hy hoop gekies. Nie een of ander vae, onseker hoop nie. Nee, hy het gekies om geduldig te wag en op die Here te hoop.

Hoe sal jy optree?

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge