... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Perfekte Definisie van Kranksinnigheid

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 8:10,11 Toe het Hy regop gekom en vir haar gevra: “Mevrou, waar is hulle? Het nie een van hulle die oordeel oor jou voltrek nie?” “Niemand nie, Here,” sê sy. Toe sê Jesus: “Ek doen dit ook nie. Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie.”

Jy weet tog wat hulle sê: die definisie van kranksinnigheid is om dieselfde ding oor en oor te doen, en ‘n ander resultaat te verwag. Dis nou malligheid, nè?

Jy sal verbaas wees hoe dikwels ons presies dít doen, al weet ons dit werk nie. Hoekom doen ons dit, al weet ons dis gek? Omdat ons vasgevang is in ‘n patroon van slegte gedrag. Ons noem dit ‘n stimulus-reaksie-siklus, waar iets ons vinnig laat reageer en waar ons dan sonder om te dink, op dieselfde belaglike, afbrekende manier as van te vore, reageer.

Ag nee wat, ons moet die siklus breek! Die Bybel het ‘n woord daarvoor. Dit word ‘bekering’ genoem. Is dit ‘n effens outydse woord? Is dit vandag nog relevant? En as dit is, wat beteken dit?

Jy onthou seker die verhaal van die vrou wat op heter daad betrap is waar sy owerspel gepleeg het? Hulle wou haar stenig, maar Jesus het vir haar beskuldigers gesê: “Laat die een van julle wat ‘n skoon gewete het, eerste ‘n klip op haar gooi.”

Toe hulle dit hoor, stap hulle een vir een skaam weg, want hulle  het geweet dat hulle almal op een of ander manier skuldig was aan die een of ander sonde.

Johannes 8: 10,11 Toe het Hy regop gekom en vir haar gevra: “Mevrou, waar is hulle? Het nie een van hulle die oordeel oor jou voltrek nie?”

“Niemand nie, Here,” sê sy.

Toe sê Jesus: “Ek doen dit ook nie. Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie.”

Sien jy Jesus se reaksie bestaan uit twee dele? Ja, Jesus het haar vergewe. Hy sê: Ek doen dit ook nie. Dit word genade genoem; die onverdiende guns en vergifnis van God. Maar daar is ‘n tweede deel – Hy sê ook: Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie.”

Die tweede deel word bekering genoem. Dit is hierdie radikale idee dat jy nie steeds dieselfde ding kan doen en dan ‘n ander resultaat kan verwag nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.