... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Ek Dink Dit is Tyd

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine10:9 As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word.

Listen to the radio broadcast of

Ek Dink Dit is Tyd


Download audio file

‘n Vrou kan nie half swanger wees nie. Sy is verwagtend of sy is nie. En die waarheid is, as dit by jou ewige toekoms kom, kan jy nie half gered wees nie. Jy is … of jy is nie. Waar staan jy? Is jy waarlik gered … of nie?

Te veel mense sê dat hulle in Jesus glo, maar hulle verhouding met Hom is lou, hulle lewe sonder om ooit ‘n verbintenis met Hom aan te gaan. Dis soos ‘n paartjie wat sê hulle is ‘saam’.. hulle kan selfs ‘n tydjie saamwoon … maar hulle maak nooit daardie lewenslange verbintenis, daardie openbare huweliksverklaring nie. Is dit nie vandag die dag om ‘n besluit te neem nie?

Here ek dink dit is tyd. Ek weet dit is tyd. Ek dink die afgelope tyd so baie daaraan. Ek het probeer uitvind of U waarlik God is. Ek worstel – maar ek wil seker wees. Is U daar?

Maar in my hart – in my diepste wese weet ek dat U is. En daarom glo ek dit is tyd. Ek wil nie meer wag nie. Ek wil my lewe aan U gee … alles. Alles wat ek is, alles wat ek het, al my hoop en drome gee ek vir U. Alles. Ek wil my hele lewe in u hande plaas. Ek weet regtig nie wat dit gaan beteken nie. En Here, ek kan regtig nie verklaar waarom ek dit doen nie – ek wil net.

Sal U my neem net soos ek is? Ek kyk terug na sommige van die dom dinge wat ek gedoen het, en dit voel asof my spyt nie goed genoeg is nie, maar ek vra vir u vergifnis.

Ek gee U myself – dis al wat ek het. En Jesus as U vir sondaars gesterf het – glo ek in my hart dat U vir my gesterf het en dat u belofte waar is. In:

Romeine 10: 9  lees ek: As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge