... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Engtevrees

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Kolossense 4:2 Volhard in die gebed! Wees daarby waaksaam en dankbaar.

Listen to the radio broadcast of

Engtevrees


Download audio file

Het jy al ooit gevoel asof jy in ‘n situasie of ‘n reeks omstandighede verstrengel is tot op die punt waar dit voel asof daar geen uitweg is nie? Jy is heeltemal raadop en jy wonder hoe jy ooit hieruit gaan ontsnap?

‘n Paar jaar gelede het ek ‘n geknypte senuwee in my nek gehad. Ek was vir weke aaneen in absoluut ontsaglike pyn, en toe stuur hulle my vir ‘n CT-skandering. Nie slegs moes my kop in een van daardie groot, swaaiende masjiene ingaan nie, maar hulle het ‘n metaalplaat oor my gesig gesit, net ‘n half sentimeter van my neus af. Ek kon niks sien nie.

Die ondersoek was veronderstel om ongeveer twintig minute te duur en hoewel ek nie aan engtevrees ly nie, het ek na ongeveer ‘n minuut paniekerig geword. Ek was in pyn, ek was in hierdie duisternis opgesluit en het paniekerig geraak. Ek was radeloos. Wat moet ek doen?

Toe hoor ‘n sagte, sagte stem … bid! Daarom het ek my oë toegemaak om die bron van my irrasionele, maar baie werklike vrees te blokkeer, en ek het gebid. Ek het God die Heilige Gees gevra om my met sy vrede te vul. Ek het Hom bedank dat Hy op daardie aaklige plek by my was. En baie vinnig het die paniek verdwyn.

Ek sal jok as ek sê dat ek die res van die prosedure geniet het, maar ek het dit verduur.

In Kolossense 4:2 staan: Volhard in die gebed! Wees daarby waaksaam en dankbaar.

 Daar gaan tye wees wanneer ons in ‘n klein donker plek toegesluit is waar ons niks kan sien nie. Daar gaan tye wees wanneer ons radeloos van vrees sal wees.

Maar my vriend, luister na my, God is op daardie plek by jou.

Volhard in die gebed! Wees daarby waaksaam en dankbaar.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy