... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

God se Aanmoediging

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 15:4 Alles wat vooraf in die Skrif opgeteken is, is tog opgeteken om ons te leer sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees.

Listen to the radio broadcast of

God se Aanmoediging


Download audio file

Nie een van ons hou daarvan om swaar te kry nie. Nee wat, ons het dit nie in ons lewens nodig nie. Ons is geprogrammeer vir ‘n gemaklike en kommervrye lewe. Wanneer ons naby ons pyndrempel kom, is daar iets wat ons moet ontwikkel. Daardie iets is uithouvermoë.

Gister het ons gesels oor uithouvermoë en ek het vertel hoe ek dit verpes om te hardloop. Ek onthou dat ek in die weermag een keer per jaar die fiksheidstoets moes slaag; ‘n nege myl hardloop met volle militêre mondering, stewels, volle weermag uniform, vol waterbottels en geweer … die volle mondering, die hele spul. Nou, veertig jaar later, word ek nog naar op my maag as ek net daaraan dink.

Ek onthou nog hoe ek net verby die lughawe, halfpad huis toe, wou tou opgooi. Maar die ding wat my aan die gang gehou het, was die aanmoediging van my vriende. Hul vriendelike woorde, en die wete dat die einde in sig is, het my laat vasbyt.

Aanmoediging, is soos ons almal weet, ‘n belangrike bousteen om uithouvermoë te ontwikkel.

Romeine 15: 4 sê: Alles wat vooraf in die Skrif opgeteken is, is tog opgeteken om ons te leer sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees.

God se Woord is kragtig, maar in daardie moeilike tye kan die pyn ondraaglik voel. Waarom is die swaarkry daar? Dit gee ons uithouvermoë, dit maak ons standvastig en leer om vas te staan in ons geloof.

En dít my vriend, lei tot hoop, vaste hoop, die soort hoop wat nooit misluk nie, wat nooit teleurstel nie. Maar waarom mense hulle voorstel dat hulle dit sonder God se aanmoediging, sonder die aanmoediging van sy Woord, kan doen, slaan my dronk.

sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge