... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

God se Vrede

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 55:22 Laat jou sorge aan die Here oor, Hy sal vir jou sorg. Hy sal die regverdige nie in die steek laat nie.

Listen to the radio broadcast of

God se Vrede


Download audio file

Laat ek jou iets vra. Watter laste dra jy op die oomblik? Wat is dit wat jou onderkry? Watter een ding in jou lewe sou jy graag wou weg wens?

Dit kan ‘n lastige irritasie wees, of ‘n volslae aanslag. Nou ja, wat doen ons daaraan? Ons bid tot God.

God … verander dit, maak dit reg, laat dit verdwyn! Here, waarom luister U nie na my nie? Waarom neem dit so lank?

Jy wil natuurlik hê dat die pyn moet verdwyn. Maar soms is pyn ‘n noodsaaklike hulpmiddel in die hande van ‘n liefdevolle God. Miskien is ‘n beter manier om dit te hanteer deur die raad in 

Psalm 55:22  te volg: Laat jou sorge aan die Here oor, Hy sal vir jou sorg. Hy sal die regverdige nie in die steek laat nie.

Het jy al ooit daaraan gedink dat die woord ‘sorge’ letterlik beteken ‘dit wat Hy in jou sorg geplaas het’? Met ander woorde, voordat ons toelaat dat ons sorge ons platvee, het ons twee opsies. Ons kan God vra om die sorge weg te neem; maar dan weet ons nie of dit wel sy Wil is en of dit nou die regte tyd daarvoor is nie. Of alternatiewelik, kan ons die las wat Hy ons oplê, aan Hom oorgee. Ons kan dit oorgee aan hierdie God vir wie niks te veel is nie. Hierdie God wat jou onvoorwaardelik liefhet, wat vir jou sal sorg, wat jou nooit in die steek sal laat nie.

‘n Wyse ou prediker met die naam S.H.B Masterman het gesê dat God ons dikwels bemoedig, nie deur die lewensomstandighede te verander nie, maar deur ons houding daaroor te verander.

Soms is die rede waarom Hy daardie las op ons gelaai het, om ons te verander op die manier, wat slegs ‘n las kan.

Laat jou sorge aan die Here oor, Hy sal vir jou sorg.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy