... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

God, waar is U?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 18:2 Die Here is my rots, my skuilplek en my redder, my God, my rots, by wie ek skuil, my skild en sterk verlosser, my veilige vesting.

Listen to the radio broadcast of

God, waar is U?


Download audio file

Miskien is die slegste ding van die wildernis ervarings wat ons af en toe ervaar, die gevoel van alleenwees. Heeltemal alleen.

Die lewe maak so nou en dan ‘n draai in die pad. Dinge loop net mooi, maar dan skielik ontspoor dit heeltemal. In ‘n flits van ‘n oomblik kan die lewe rondom ons ineenstort en dan begin ons wonder – God, waar is U?

Ek wil graag hierdie pragtige gedig met jou deel.

Op ‘n dag het ek God uit die diepte van my wese gevra: Waar is U in my lewe? En baie saggies het God geantwoord:

Ek sal altyd ‘n rots vir jou wees. My krag is vir altyd by jou. My lewende strome sal jou met die koel water van my Gees voed. Die vrede van my woestynland sal die rus in jou siel herstel.

En as jy op die lewenspad reis – onthou dat ek altyd voor jou uit gaan om die woedende see te kalmeer, die kabbelende spruit vol te maak, om jou pad te verlig en om jou struikelblokke uit die weg te ruim, sodat jou pad jou al hoe nader aan My kan lei …

Nooit weer sal jy eensaam wees nie, want Ek sal My woning in jou maak. Daardie berge voor jou staan al vir eeue lank, maar Ek sal vir ewig by jou staan – deur die Een wat Ek gestuur het, om my liefde vir jou te bewys.

My Seun Jesus is jou rots – strek jou hand uit na Hom en Hy sal jou laste op Hom neem.

En in Psalm 18: 2 staan: Die Here is my rots, my skuilplek en my redder, my God, my rots, by wie ek skuil, my skild en sterk verlosser, my veilige vesting.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge