... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Grootsheidswaan?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Efesiërs 3:19,20 Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God. Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink,

Ons het almal al op die rusbank gesit en groot drome gedroom. Ons het gedroom oor al die wonderlike dinge wat God deur ons kan doen. Maar dan tref die werklikheid ons. Nee wat. Dis lekker om te droom, maar ek is seker verwaand om sulke drome te droom. 

Iets binne-in ons wil glo dat God groot en magtige dinge deur ons kan doen. Maar dan kyk jy in die spieël, jy kyk rond en berispe jouself omdat jy dink jy ly aan grootheidswaan.

Wat het ek gedink?!

Maar wag nou, daardie drome hoef nie groot, Billy-Graham-styl-drome te wees, vir ons om hulle te verwerp nie. Ek dink nou aan ‘n jong vrou in haar vroeë twintigs, wat saam met my aan die Bybelkollege gegradueer het. Haar droom was om ‘n kindersorgsentrum te open om kinders met die Evangelie te bereik. Maar vir haar het dit soos Mount Everest gevoel.

Het jy ‘n droom gehad om God te dien? Een wat jy in die koue, harde lig van die dag afgemaak het, as onrealisties en dalk ‘n resultaat van jou eie persoonlike “grootheidswaan”?

Kom ons neem net ‘n oomblik om ernstig na daardie droom van jou te kyk, want in:

Efesiërs 3:20 staan: Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink,…

Dit klink goed, nè? Ons wil dit almal graag glo … maar is dit regtig moontlik? Regtig? Ja dit is, hoe onmoontlik dit ook al vir jou op hierdie oomblik mag lyk. Want, soos die apostel Paulus in Efesiërs 3:19 sê: Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God.

Weet jy hoe lief Jesus jou het? Hy wil jou met Sy krag vul, sodat jy alles, wat Hy vir jou beplan het, kan wees en bereik. En weet jy, dis soveel meer as dít waarvoor jy kan vra of jou selfs kan voorstel.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.