... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Hemel het Oopgegaan

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 3:16,17 en 4:1 Jesus is toe gedoop en het dadelik daarna uit die water gekom. Meteens het die hemel bokant Hom oopgegaan, en Hy het die Gees van God soos 'n duif sien neerdaal en op Hom kom. Daar was ook ‘n stem uit die hemel wat gesê het: “Dit is my geliefde Seun. Oor Hom verheug Ek My.” Toe is Jesus deur die Gees die woestyn in gelei om deur die duiwel versoek te word.

Listen to the radio broadcast of

Die Hemel het Oopgegaan


Download audio file

Wanneer dit moeilik gaan en ons probleme ervaar, is dit maklik om te dink dat ons op een of ander manier buite God se wil is. Voorspoed en geluk is tog ‘n teken van God se seën … is dit nie?

Ek weet nie of jy gedoop is nie, maar my doop was ‘n redelike gewone gebeurtenis. Moenie my verkeerd verstaan ​​nie, dit was regtig spesiaal vir my, maar dit was … gewoon. Aan die ander kant, toe Jesus gedoop is, word ons vertel in:

Matteus 3:16,17 Jesus is toe gedoop en het dadelik daarna uit die water gekom. Meteens het die hemel bokant Hom oopgegaan, en Hy het die Gees van God soos ‘n duif sien neerdaal en op Hom kom. Daar was ook ‘n stem uit die hemel wat gesê het: “Dit is my geliefde Seun. Oor Hom verheug Ek My.”

Ongelooflik! As dieselfde met my gebeur het, sou ek gedink het, “Halleluja! Nou’s my kop deur! Dis hoe sukses in die Koninkryk van God mos lyk.”

Maar wat direk daarna met Jesus gebeur het, het my onkant gevang. Luister hoe Matteus dit stel in hoofstuk 4 vers 1: Toe is Jesus deur die Gees die woestyn in gelei om deur die duiwel versoek te word.

Eintlik is dit ‘n bietjie sagkens gestel. In die oorspronklike Grieks staan dat die Gees van God Hom gedryf of in die woestyn uitgegooi het. Maar, net na hierdie bonatuurlike doop en God se bevestiging, word Jesus deur dieselfde God na die woestyn gedryf; om honger te ly, om alleen en swak en kwesbaar te wees en dan deur die duiwel versoek te word. Dit was ‘n groot omwenteling. Dit is nie wat jy sou verwag nie.

En tog, is dit presies wat God met sy Seun gedoen het. Dis nogal iets om in gedagte te hou die volgende keer as jy ‘n moeilike tyd beleef.

God se plan is nie altyd om ons gemaklik te laat voel nie, maar sy plan is perfek.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge