... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jesus Genees!

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 9:35 Jesus het al die dorpe en klein plekkies besoek. Hy het die mense in hulle sinagoges geleer, die evangelie van die koninkryk verkondig en elke soort siekte en kwaal gesond gemaak.

Listen to the radio broadcast of

Jesus Genees!


Download audio file

As jy self, of iemand wat jy liefhet, siek is, regtig baie siek is, sal jy Jesus vra om julle gesond te maak? Sal jy? Of is die kragtige werklikheid van Jesus se genesing iets waarin jy nie regtig glo nie?

Die afgelope dekades was daar ongelooflike vooruitgang in die geneeskunde. Dinge wat vroeër ‘n groot operasie nodig gehad het, het ‘n klein proseduretjie geword, en hierby is daar deesdae soveel medisyne om siektes, wat vroeër ongeneeslik was, te genees.

Ongelooflik. En tog weet ons nog nie hoe die verstand werk of hoe die geheue werk of hoe ons ‘n eenvoudige verkoue kan genees nie. Om die waarheid te sê is daar nog baie dinge wat ons nie weet nie. Die menslike liggaam, siel en gees is so ‘n wonderlike komplekse skepping.

En tog, keer op keer, tweeduisend jaar gelede, lank voordat mense gedroom het van die mees basiese mediese prosedures, wat ons vandag as vanselfsprekend aanvaar, lees ons in:

Matteus 9:35 Jesus het al die dorpe en klein plekkies besoek. Hy het die mense in hulle sinagoges geleer, die evangelie van die koninkryk verkondig en elke soort siekte en kwaal gesond gemaak.

Het Hy regtig? Nou-ja, ek dink die bewyse is redelik oorweldigend. Mense het siekes van heinde en verre gebring en Jesus het hulle genees, of demone uitgedryf. Dis die rede waarom Hy sulke groot skares getrek het en waarom die mense om Hom saamgetrek het wanneer Hy in die stad was.

Die vraag is egter: Is Hy vandag nog besig met sy genesingspraktyk? Beslis. Die Jesus wat ek ken, is. Goed, ek weet Hy genees nie almal nie. Hoekom nie? Ek het geen idee nie.

As ek siek word, sal ek Hom beslis vra om my gesond te maak, want ek het genoeg mense sien gesond word, nadat daar vir hulle gebid is, om my te oortuig.

Moenie bang wees om te vra nie. Jesus genees nog steeds – liggaam, siel en gees.

Dit is God se Woord. Vars vir jou‚ vandag.



We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge