... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Meer Mag as wat jy Ooit sal Nodig Kry

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Efesiërs 6:10,11 Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en in sy groot mag. Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel.

Listen to the radio broadcast of

Meer Mag as wat jy Ooit sal Nodig Kry


Download audio file

Dit is baie maklik om magteloos te voel, wanneer ons daagliks gekonfronteer word deur die boosheid wat lyk asof dit die wêreld oorneem. 

In een opsig is dit waar. Ons sien hoe die bose die ekonomiese, sosiale en politieke stelsels waarin ons leef, infiltreer. Ons sien die korrupsie onder hooggeplaastes en die leuens wat gebruik word om konflik, selfs oorloë aan te blaas en ons skud ons koppe in moedeloosheid, omdat ons inderdaad magteloosheid voel om ‘n verskil daaraan te maak. 

Dit is so maklik om te dink dat boosheid altyd daar buite gebeur, maar laat ons die hand in eie boesem steek.

Kyk mooi; as die duiwel so goed is met sy korrupsie van ons wêreldstelsels, dink jy dan nie dat hy ons ook kan verblind nie? Sy korrupsie is so effektief, dat dit selfs op ‘n persoonlike vlak vir ons laat voel asof ons magteloos is. Ja, maar wat is die antwoord dan? 

In Efesiërs 6: 10 en 11 staan: Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en in sy groot mag. Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel.

Die antwoord is dat ons nie op ons eie mag hoef staat te maak nie, want ons het die reg om op die Here en sy mag te steun. Dit klink na ‘n oordrewe stelling, nè. Maar Paulus maak hier die kragtige stelling, dat die volle mag en krag van dié God, wat die heelal geskep het, vrygestel word wanneer ons teen die planne van die duiwel opstaan.

Snap jy dit? Want dit is vir jou.

Soek julle krag in die Here en in sy groot mag.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy