... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Moenie net Daar Sit Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 113:7,8 Die geringe help Hy op uit die stof, die arme laat Hy van die ashoop af opstaan om hom by vernames te laat sit, by die vernames van sy volk. Psalm 113:7,8 Die geringe help Hy op uit die stof, die arme laat Hy van die ashoop af opstaan om hom by vernames te laat sit, by die vernames van sy volk.

Listen to the radio broadcast of

Moenie net Daar Sit Nie


Download audio file

Ek weet nie of jy al ooit so honger was, dat jy van honger wou omkom nie; maar dit kan nie ‘n baie aangename gevoel wees nie. Veral as jy weet dat daar geen hoop op hulp is nie. Veral as jy sien hoe jou kinders ly. Nee, my vriend, dit moet ‘n verskriklike ding wees. Verskriklik.

Byna elke tweede aand sien jy op die TV berigte oor arm mense op die skerm. ‘n Ramp hier. ‘n Oorlog daar. Kinders wat iewers sterf.

Die waarheid is dat daar elke dag ongeveer 25 000 mense weens honger en armoede sterf. Weet jy, gedurende hierdie paar minute wat ons vandag saam deurbring, sal net meer as sestig mense weens wanvoeding sterf.

En weet jy wat die werklike probleem is? Ons kyk daarna en dink: “Nou ja, dit is so ‘n groot probleem, dat nie ek ‘n verskil daaraan kan maak nie. As God God is, dan is Hy die enigste Een wat groot genoeg om dit te hanteer. Daar’s niks wat ek kan doen nie. Miskien ‘n kind borg? Watter verskil gaan dit maak?”

En so doen ons … niks.

Wat dink God hieroor? Wat voel Hy as Hy aan die armes en behoeftiges en die wat honger is, dink? Kyk wat staan in:

Psalm 113: 7,8 Die geringe help Hy op uit die stof, die arme laat Hy van die ashoop af opstaan om hom by vernames te laat sit, by die vernames van sy volk.

As ons so iets lees, moet ons onsself sekerlik afvra: ‘Hoe kan ek net hier sit? Hoe kan ek … niks doen nie?’

Dwarsdeur die hele Bybel, is die een ding wat jy nie kan miskyk nie, sy ongelooflike hart vir die armes, die onderdruktes, die gemarginaliseerdes, die lydendes en die sterwendes.

En terwyl jy die Bybel lees, is die ander ding wat jy ook nie kan miskyk nie, die feit dat Hy ons almal oproep om saam met Hom hande te vat om iets hieraan te doen!

Hoe kan ons handjies gevou sit en toekyk?

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge