... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Helpende Hand

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 68:20,21 Geloof sy die Here! Dag na dag dra Hy ons! God is ons hulp! Sela. God is vir ons die God wat ons red.

Listen to the radio broadcast of

‘n Helpende Hand


Download audio file

Dit is snaaks hoe ons die gewoonte het om dag na dag op dieselfde duwweltjies te trap. Ons het oor en oor dieselfde reaksie op iets wat ons van stryk af bring, al weet ons voor ons siel dis nie die beste manier om daarop te reageer nie. Al weet ons ons reaksie skep probleme.

Het jy al ooit met iets geworstel? Ag, sommer ‘n alledaagse probleem. Miskien ‘n moeilike situasie by die werk, of ‘n opdrag om te voltooi, of dalk om die kinders betyds vir skool by die voordeur uit te kry… net ‘n paar sulke ou probleempies dag na dag, elke dag… Maar op ‘n dag voel alles eenvoudig net te veel.

Wat gaan aan met my? Waarom kap ek alweer my kop teen dieselfde klipmuur?

As ek ‘n sent gehad het vir elke keer wat ek dit gedoen het, en my kop oor en oor teen daardie klipmuur gestamp het, sou ek ryk gewees het. Ek is seker jy was ook al so rasend. Jy het net ‘n helpende hand nodig gehad.

Sekere mense word deesdae ontsteld as hulle in die boek Genesis lees dat God vir Eva Adam se ‘helper’ gemaak het. Dit is deesdae net nie meer korrek en sensitief om sulke dinge te sê nie.

En tog word dieselfde Hebreeuse woord vir ‘helper’ regdeur die Ou Testament gebruik, meestal om God as ons ‘helper’ te beskryf. Kyk wat staan in:

Psalm 68: 20,21 Geloof sy die Here! Dag na dag dra Hy ons! God is ons hulp! Sela. God is vir ons die God wat ons red,

Dink net vir ‘n oomblik aan hierdie versie, wanneer jy weer jou kop teen daardie klipmuur wil stamp … God is hier by jou, gereed, gewillig en in staat om jou te help met hierdie een, wat vir jou soos ‘n groot probleem lyk. Daai een ding wat jou mal maak. Daardie een ding wat jy net nie meer kan verduur nie.

Hy is altyd daar. Nie net somtyds nie. Maar elke dag.

Hy is die God wat ons red.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge