... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Lig en ‘n Lamp

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 119:105 U woord is 'n lamp vir my voet en 'n lig vir my lewenspad.(AFR20)

Listen to the radio broadcast of

‘n Lig en ‘n Lamp


Download audio file

Om ons Bybel oop te maak, is die laaste ding wat ons wil doen wanneer dit moeilik gaan. Dit voel mos nie nodig nie. Dit voel nie relevant nie. En tog is dit die een ding wat ons kan doen, wat God se lig in die donkerte en somberheid van ons omstandighede sal laat skyn.

Soms is die lewe totaal en al ‘n fees. Maar dan kan ander dae weer regtig donker wees: ‘n Tyd van seer, of verlies, of die gevoel dat ons op een of ander manier die pad byster geraak het. En dit is in daardie donker tye, wat ons dikwels nie weet watter kant toe nie.

Ons was al almal daar.

Kom ons kyk weer na een van die bekendste tekste van almal:

Psalm 119: 105 U woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my lewenspad. (AFR20)

Psalm 119 is die langste hoofstuk in die Bybel. Dit is geskryf deur ‘n man wat baie moeilike, en baie donker tye beleef  het… en die hele Psalm is sy gebed tot God.

U woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my lewenspad.

Is dit nie wonderlik nie? ‘n Lamp vir ons voete, sodat ons kan afkyk om te sien waar ons die volgende tree op hierdie rotsagtige pad moet neem.

En ‘n lig op ons pad, sodat ons kan opkyk en sien waarheen die pad lei.

En tog ken ek soveel mense wat in Jesus glo, maar in donker tye is hierdie lamp, hierdie lig – die Woord van God- weggesteek in ‘n kas êrens onder ‘n klomp rommel, of in hul bedkassie om stof te vergader.

Kan ek jou vra – maak dit vir jou enigsins sin?

God se woord is ‘n lamp vir jou voet en ‘n lig vir jou lewenspad.

Laat dit skyn. Laat God op daardie donker dae sy Lig in jou lewe skyn.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge