... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Pasop vir Vals Leraars

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Petrus 2:1-3 Maar daar was ook vals profete onder die volk, en so sal daar ook onder julle vals leraars kom. Hulle sal verderflike dwaalleer insmokkel en die Here wat hulle vrygekoop het, verloën. So sal hulle hulleself baie gou in die verderf stort. Baie mense sal hulle losbandigheid navolg, en deur hulle toedoen sal mense kwaadpraat van die Weg van die waarheid. In hulle hebsug sal hulle julle met allerhande stories uitbuit. Maar hulle vonnis is lankal gevel, en hulle ondergang is onafwendbaar.

Listen to the radio broadcast of

Pasop vir Vals Leraars


Download audio file

Wanneer ons iets met totale oorgawe glo, soos ek byvoorbeeld die Goeie Nuus van Jesus Christus glo, is daar ‘n risiko. Daar is trouens, ‘n groot risiko dat ons passie ons op die verkeerde pad kan lei.

Toe ek, nadat ek groot verraad beleef het, my lewe aan Jesus gegee het, was ek op ‘n besonder kwesbare plek in my lewe. En net so angstig as wat ek was om in Hom te glo, was ek ook versigtig om nie in my kwesbaarheid, om die bos gelei te word en in een of ander kultus te beland nie.

Ek dank God dat Hy my na ‘n klein kerkie gelei het waar die pastoor getrou, nederig en kragtig die Woord van God vir ons geleer het. Ek het dit destyds nie besef nie, maar in sy lewe, en in die lewens van die handjievol ander lede van hierdie oënskynlik onindrukwekkende kerkie, het dit alles oor Jesus gegaan, nie oor hulle nie. Maar dit is nie altyd die geval nie, selfs in sommige van die groot, klaarblyklik suksesvolle, groeiende kerke is daar skewe klemverskuiwings. Ons lees hierdie waarskuwing in:

2 Petrus 2:1-3 Maar daar was ook vals profete onder die volk, en so sal daar ook onder julle vals leraars kom. Hulle sal verderflike dwaalleer insmokkel en die Here wat hulle vrygekoop het, verloën. So sal hulle hulleself baie gou in die verderf stort. Baie mense sal hulle losbandigheid navolg, en deur hulle toedoen sal mense kwaadpraat van die Weg van die waarheid. In hulle hebsug sal hulle julle met allerhande stories uitbuit. Maar hulle vonnis is lankal gevel, en hulle ondergang is onafwendbaar.

Pasop vir dwaalleraars, hulle vestig die aandag op hulleself, eerder as op Christus.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to heavy rains that flooded our TV studio, there’s no video for today’s Fresh. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.