... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Te veel Geveinsdheid

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 62:3 en 4 Hoe lank wil julle almal nog beskuldigings bly slinger en my probeer doodmaak, 'n man wat reeds is soos 'n muur wat wil omval, 'n klipmuur wat omgestoot word? Hulle probeer my uitwerk; hulle skep behae in leuens; met die mond seën hulle, in die hart vervloek hulle.

Listen to the radio broadcast of

Te veel Geveinsdheid


Download audio file

Daar is soveel geveinsdheid in die wêreld vandag. Mense is oneg. Miskien gee ons voor om iets anders te wees as wat ons regtig is. Voor mense sê ons mooi dinge oor ander mense, maar as ons alleen is, vervloek ons hulle.

Dit lyk dalk na ‘n vreeslike beskuldiging om te maak. Maar dink terug aan die laaste keer toe jy jou vir iemand vererg het, of toe hulle jou aanstoot gegee het. Het jy die vrede in die openbaar bewaar, maar huis toe gegaan en oor hulle gekerm? Het jy voor hulle geglimlag, maar gevoel hoe ‘n wrok in jou hart wortelskiet?

Koning Dawid was dikwels te nagekom. Sy voorganger, koning Saul, het hom probeer doodmaak nog voordat hy koning geword het. Hy het selfs sy leërmagte teen Dawid gestuur. Maar sy ergste vyande was dié in sy eie koninklike hof, soos sy eie seun. Kyk wat sê Dawid hier oor daardie vyande in:

Psalm 62:3 en 4 Hoe lank wil julle almal nog beskuldigings bly slinger en my probeer doodmaak, ‘n man wat reeds is soos ‘n muur wat wil omval, ‘n klipmuur wat omgestoot word? Hulle probeer my uitwerk; hulle skep behae in leuens; met die mond seën hulle, in die hart vervloek hulle. 

Daar is heeltemal te veel geveinsdheid in die harte en lewens van mense wat beweer dat hulle in God glo; mense wat aanspraak daarop maak dat Jesus hulle Verlosser is; mense wat voor jou glimlag, maar onheil in hulle harte koester.

Kan ek jou vandag smeek om jou hart te ondersoek, om ‘n oop, leerbare gees te hê. Oor wie het jy in die openbaar leuens vertel? Vir wie sê jy mooi dinge voor hulle, maar vervloek hulle in jou hart? Dit is tyd om op te hou om dit te doen. Hou op voorgee.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to heavy rains that flooded our TV studio, there’s no video for today’s Fresh. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.