... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Tradisie, Tradisie, Tradisie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus 7:6-8 Hy antwoord hulle: “Die profeet Jesaja het julle mooi opgesom. Julle is skynheiliges, soos daar geskrywe staan:“Hierdie volk eer My met hulle mond, maar hulle hart is ver van My af. Dit help niks dat hulle My probeer dien deur leerstellings van mense as gebooie van God voor te hou nie. Julle laat die gebod van God los en hou aan die oorgelewerde gebruik van mense vas.”

Listen to the radio broadcast of

Tradisie, Tradisie, Tradisie


Download audio file

Het jy al gedink aan die dinge wat jy doen om God te probeer behaag? Hoeveel van dit kom van Hom af, en hoeveel van dit is oorgelewerde reëls? Hoeveel is godsdienstige praktyke wat jy moet  onderhou, as jy God gelukkig wil maak? Het jy al ooit daaroor gewonder?

Ek sal eerlik wees, godsdienstige tradisies laat my koud. Ek is jammer as dit sommige mense aanstoot gee, – maar kniel nou, staan weer op, gaan sit, doen dit, doen dat … Niks van hierdie dinge is op sigself sleg nie, maar as ons begin glo dat hierdie dinge God op een of ander manier gelukkig maak, of Hom paai of ‘n kaartjie vir ons na die hemel koop, dan slaan ons die bal heeltemal mis.

Keer op keer sien jy Jesus bots met die godsdienstige leiers van Sy tyd oor hierdie einste saak. Daardie leiers het byvoorbeeld opgemerk dat Jesus se dissipels kos geëet het, sonder om die tradisionele godsdienstige reinigingsrituele uit te voer.

Hulle het Hom hieroor uitgevra – soos hulle ou laai was om Hom te probeer vasvra – ons lees in:

Markus 7: 6-8Hy antwoord hulle: “Die profeet Jesaja het julle mooi opgesom. Julle is skynheiliges, soos daar geskrywe staan: “Hierdie volk eer My met hulle mond, maar hulle hart is ver van My af. Dit help niks dat hulle My probeer dien deur leerstellings van mense as gebooie van God voor te hou nie. Julle laat die gebod van God los en hou aan die oorgelewerde gebruik van mense vas.”

Weet jy dat daar baie dinge is wat ons geleer is om te doen om oënskynlik vir God te behaag, maar dat dit dikwels niks anders is as mensgemaakte reëls nie. En in plaas daarvan om ons nader aan Hom te trek, lei dit ons al te dikwels weg van die waarheid van die genade van God in Jesus Christus.

Daar is op sigself niks verkeerd met tradisies nie, maar ons moet nooit dink dat dit die weg na God is nie.

Daar is net een manier en dit is deur Jesus.

Dit is God se Woord. Vars vir jou‚ vandag.



We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge