... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Uit Genade Gered

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Efesiërs 2:4,5 Maar God is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief. Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings, saam met Christus lewend gemaak. Uit genade is julle gered!

Dink aan die mees liefdevolle persoon in jou lewe. En as jy net een ding vir daardie persoon kan sê, wat sal dit wees?

Ons Christene hou baie daarvan om oor God se genade en sy barmhartigheid te praat. Ons sing liedjies daaroor, ons hoor preke daaroor … en ek wonder of die ware betekenis van die twee woorde, barmhartigheid en genade werklik tot ons deurdring al gebruik ons hulle so lukraak. Weet jy, dis maklik om blasé oor God se barmhartigheid en genade te raak, om hulle waarde te onderskat, omdat ons hulle so baie gehoor het en so gereeld oor hulle gesing het. Ons lees in:

Efesiërs 2: 4,5 Maar God is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief. Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings, saam met Christus lewend gemaak. Uit genade is julle gered!

Maar weet jy, dit is eers wanneer ek besef dat dit ‘n geestelike dood is, waarvan Hy my gered het, dat dit vir my ‘n wonderlike  werklikheid word. Dis die geestelike dood wat my toekom, omdat ek teen Hom in opstand gekom het, omdat ek sy liefde vir my verwerp het en my eie gang gegaan het. Wat van jou?

Uit sy barmhartigheid; sy oorvloedige barmhartigheid, het Hy ons verlos van die dood. Hy het ons ‘n nuwe lewe in Christus; wat gely het, gesterf en opgestaan het, gegee. 

Dink weer aan die gesig van die mees liefdevolle persoon in jou lewe. Sulke mense is eenvoudig fantasties, nie waar nie?

Maar niks kan ooit vergelyk met God se groot barmhartigheid, die onpeilbare diepte van sy liefde en die bloed-deurdrenkte genade waardeur Hy ons gered het nie. Nee, niks kan daarmee vergelyk nie! Dink net daaraan!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.