... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Voortreflikheid Onderskei Jou

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Daniël 6:1-4 Darius die Mediër het die koningskap oorgeneem toe hy twee en sestig jaar oud was. Hy het besluit om honderd en twintig goewerneurs-generaal aan te stel om oor sy hele koninkryk te regeer. Oor hulle was daar drie ministers, van wie Daniël een was en aan wie die goewerneurs-generaal verantwoordelik was sodat die koning se belange behoorlik behartig kon word. Hierdie Daniël het deur sy buitengewone bekwaamheid so uitgeblink bo die ander ministers en die goewerneurs-generaal dat die koning van plan was om hom oor die hele koninkryk aan te stel.

Listen to the radio broadcast of

Voortreflikheid Onderskei Jou


Download audio file

Mense wat met ‘n gesindheid van uitnemendheid werk, is deesdae buitengewoon en skaars. Jy weet mos van watter soort mense ek praat. Diegene wat hul bes doen, ongeag of iemand anders kyk of nie.

Ek het onlangs besluit om my motorversekering oor te skakel na ‘n maatskappy wat my byna die helfte van my jaarlikse premie spaar. Nou verwag jy seker dat so ‘n besparing noodwendig swakker kliëntediens sou beteken.

Maar niks kan verder van die waarheid wees nie. Die jong man met wie ek oor die telefoon gepraat het, was uitstekend – ek bedoel werklik briljant. Ek was verbaas.

Wanneer laas het jy iemand iets positiefs oor ‘n inbelsentrum van ‘n versekeringsmaatskappy hoor sê?  Wat nog te sê van die feit dat iemand nie uitgepraat kan raak oor uitstaande kliëntediens nie? Regtig! Dit is werklik skaars … en daarom kon ek nie ophou om mense daarvan te vertel nie. Uitstaande diens, in ‘n wêreld waar mense so gewoond geword het om met baie minder as die beste tevrede te wees, is ‘n rare ervaring. Dis so ‘n bietjie hoe die koning Daniel, ervaar het. Ons lees in:

Daniël 6: 1-4 Darius die Mediër het die koningskap oorgeneem toe hy twee en sestig jaar oud was. Hy het besluit om honderd en twintig goewerneurs-generaal aan te stel om oor sy hele koninkryk te regeer. Oor hulle was daar drie ministers, van wie Daniël een was en aan wie die goewerneurs-generaal verantwoordelik was sodat die koning se belange behoorlik behartig kon word. Hierdie Daniël het deur sy buitengewone bekwaamheid so uitgeblink bo die ander ministers en die goewerneurs-generaal dat die koning van plan was om hom oor die hele koninkryk aan te stel.

Of ons nou praat van ‘n gebeurtenis uit die verre verlede, of van ‘n jong verkoopsman, die kern is, dat uitnemende diens uitstaan. Kan ek jou vra; staan ​​jy om die regte redes kop en skouers bo die skare uit?

Die koning was so beïndruk met Daniël dat die koning van plan was om hom oor die hele koninkryk aan te stel.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.