... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wie is Hy?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 9:18-20 Op 'n keer terwyl Jesus eenkant besig was om te bid, het sy dissipels by Hom saamgekom. Toe vra Hy hulle: “Wie, sê die mense, is Ek?” Hulle antwoord: “Johannes die Doper; party sê weer: Elia, en party: 'n profeet van die ou tyd het opgestaan.” “Maar julle,” het Hy gevra, “wie, sê julle, is Ek?” Toe antwoord Petrus: “Die Gesalfde van God.”

Listen to the radio broadcast of

Wie is Hy?


Download audio file

Dit lyk asof daar deesdae soveel opsies bestaan wat spiritualiteit betref. En as ons dan een vorm van godsdiens uitkies, wil ons dit verander om ons te pas. Dit moet ons dien.

Ja, ontwerpers-godsdienste is deesdae die oplossing. ‘n Bietjie hiervan, ‘n bietjie daarvan en jy het die resep vervolmaak! Dis wat ék glo!

Dit is natuurlik niks nuuts nie. Toe Jesus na die Aarde gekom het, wou hulle hê Hy moet voldoen aan hulle raamwerk van wie Hy moet wees… Kyk wat staan in:

Lukas 9:18,19 Op ‘n keer terwyl Jesus eenkant besig was om te bid, het sy dissipels by Hom saamgekom. Toe vra Hy hulle: “Wie, sê die mense, is Ek?” Hulle antwoord: “Johannes die Doper; party sê weer: Elia, en party: ‘n profeet van die ou tyd het opgestaan.”    “Maar julle,” het Hy gevra, “wie, sê julle, is Ek?” Toe antwoord Petrus: “Die Gesalfde van God.”

Die mense wou hê dat Hy in hul verwysingsraamwerk moes inpas. As ‘n volk wat deur die Romeinse oorheersers onderdruk is, het hulle gehoop Hy bring ‘n godsdienstige en militêre oplossing. Dit is waarom hulle so verward was. Wie is hierdie man? Hoe kan ons Hom laat inpas by ons begrip van wie God is, van spiritualiteit, godsdiens en die lewe?

Is dit nie ook hoe ek en jy Jesus in ons lewens kniehalter nie? Probeer ons Hom in ‘n boks stop waarin dit lyk asof Hy nie pas nie? Maar as ons Hom die Here van ons lewens wil maak, sal dit nie werk nie. Net die waarheid sal.

“Maar julle,” het Hy gevra, “wie, sê julle, is Ek?” Toe antwoord Petrus: “Die Gesalfde van God.” (Lukas 9:19)

Wat ons van Jesus dink – maak saak. Hoe ons Hom in ons gedagtes, ons harte, ons lewens plaas, is belangrik. Hoekom? Omdat God God is, en Jesus God die Seun is en nie die persoon wat ons Hom wil maak nie.

Laat Jesus vandag die Koning van die Konings en die Here van die Heersers wees.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge