... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Met Wie Kan Ons Hom Vergelyk?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jesaja 46:5,6 Met wie wil julle My vergelyk, aan wie wil julle My gelykstel? Wie is soos Ek, om hom met My te vergelyk? Mense gooi goud uit ’n sak, en weeg silwer af op ’n skaal. Hulle huur ’n goudsmid om ’n afgodsbeeld te maak. Dan buig hulle en aanbid die afgodsbeeld. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Met Wie Kan Ons Hom Vergelyk?


Download audio file

Vandag is Sondag. Vir sommige mense beteken dit die einde van een week; vir ander die begin van die volgende. In watter kamp jy ook al is, kom ons sluit Sondag saam op ‘n hoë noot af. Kom ons roem in die wonder van wie God is.

Vandag is veronderstel om ‘n rusdag te wees. Ja, om te ontspan en om die dinge wat jy geniet, te doen, maar meer nog, is dit die geleentheid om ons gedagtes op dié God, wat ons so ongelooflik liefhet, te rig en om ons oë op te slaan om na hemelse dinge te kyk.

Vir die grootste deel van ons week is ons kop onderstebo, besig met al die goed – die goeie, die slegte en die lelike – waarmee ons in die lewe te make het. En so is ons huidige werklikheid geneig om ons siening van God te vertroebel – ons weet nie mooi meer wie Hy is en waartoe Hy in staat is nie. Dit is tyd om jou blik op te lig om na God self te kyk. Dit is tyd om stil te wees en te weet dat Hy God is.

Jesaja 46:5,6 Met wie wil julle My vergelyk, aan wie wil julle My gelykstel? Wie is soos Ek, om hom met My te vergelyk? Mense gooi goud uit ’n sak, en weeg silwer af op ’n skaal. Hulle huur ’n goudsmid om ’n afgodsbeeld te maak. Dan buig hulle en aanbid die afgodsbeeld. (NLV)

Niks op hierdie aarde, of dit nou silwer of goud, of enige ander afgod is, wat ons vir onsself in hierdie suksesgedrewe, materialistiese wêreld gemaak het, kan ooit … ooit vergelyk word met die grootse liefde van God van wie die profete geskryf en die psalmdigters gesing het. Niks nie.

Kan jy Hom met enigiemand vergelyk? Niemand is sy gelyke nie. Daar is niemand soos Hy nie!

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.