Heeltemal Teenoorgesteld
We're glad you like it!
Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.
Spreuke 3:5-8 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. Moenie dink jy het die wysheid in pag nie, dien die Here en vermy wat sleg is: dit is die geneesmiddel vir jou, die verkwikking vir jou liggaam.
Selfontdekking is deesdae baie gewild. Ek moet myself ken en nie skaam wees oor wie ek werklik is nie. Ja, dis reg… Kyk om jou rond. Hoe goed werk al daardie introspeksie vir ons in hierdie toenemend selfbehepte, narsistiese wêreld waarin ons leef?
Die Griekse filosoof, Aristoteles, het beweer dat om jouself te ken, die begin van alle wysheid is. Inderdaad! Die bekende leuse “Ken jouself” is in die Tempel van Apollo in Delphi gegraveer. Sokrates en Plato was ook groot aanhangers van hierdie denkpatroon.
So, wat het daardie antieke geskiedenis vandag met ons te doen? Wel, daar is ‘n multi-miljard dollar, globale selfhelpbedryf wat gewortel is in hierdie idee van selfontdekking; in die idee dat jy jou eie oplossing is; dat jy reeds alles wat jy nodig het, binne-in jou het – jy hoef dit net te ontsluit. Eindelose gereedskap, boeke, kursusse en afrigting is alles ontwerp om jou te help om “jou ware self te ontdek.”
Maar hoe dieper jy in hierdie bodemlose put van introspeksie afdaal, hoe dieper sink jy in subjektiewe selfgesentreerdheid. Sien jy ook hoe dit alles om die eie-ek draai?
God se plan is net mooi die teenoorgestelde:
Spreuke 3:5-8 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. Moenie dink jy het die wysheid in pag nie, dien die Here en vermy wat sleg is: dit is die geneesmiddel vir jou, die verkwikking vir jou liggaam.
Nou-ja, dis korrek om selfbewus te wees, maar ek praat van mense wat oorboord gaan; mense wat glo dat ware wysheid bekom word deur na binne te kyk. Nee, my vriend, wysheid kom van om op te kyk. Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
