Helping you live the life God intended

Kies: Vinnig of Ver?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 27:17 Yster slyp yster, vriende vorm mekaar.

Listen to the radio broadcast of

Kies: Vinnig of Ver?


Download audio file

Ons weet almal hoe die uitvinding van die motorkar ‘n totale omwenteling in die wêreld teweeggebring het. Sedert die eerste motor in 1886 gebou is, het dit gegroei tot meer as 1.5 miljard voertuie op die pad vandag. Maar dit was eers in 1913, toe Ford met massaproduksie begin het, dat dinge regtig vlamgevat het.

In die vroeë dae het Henry Ford gedink hy is die slimste ou en hy kan op sy eie regkom. Sy eerste pogings het nie regtig geslaag nie. Dit was te duur, en te stadig. Maar toe het hy slim geword. En toe het die groot uitbreiding gekom. Ford het ‘n span ingenieurs, werktuigkundiges en sakelui bymekaargemaak en hulle het almal bygedra om die aanvanklike konsep te verbeter.

Hulle het saamgewerk en ‘n bewegende produksiebaan ontwikkel en die produksietyd vir ‘n Model T aansienlik verminder. Henry Ford kon op sy eie één motor bou, maar met ‘n span, het hy ‘n bedryf gebou en die wêreld “wiele gegee”.

Ons wil al te dikwels dinge alleen doen en onsself verbeel dat ons dit deur ons eie vindingrykheid en energie kan laat gebeur. Dit is immers harde werk om spanne nukkerige individue wat soms in verskillende rigtings wil afdwaal, te lei, maar die waarheid is …

Spreuke 27:17 Yster slyp yster, vriende vorm mekaar.

Vonke vlieg wanneer yster yster slyp, maar as daar een ding is wat ek oor byna vyftig jaar in die arbeidsmag geleer het, is dit: alhoewel ek op my eie baie vinniger kan werk; kan ek nie so baie en sulke goeie werk gedaan kry nie.

Ja, die verskillende vaardighede, perspektiewe en idees rondom die tafel kán vonke laat spat. Maar saam behaal hulle ook die beste resultate. Moet daarom nie bang wees vir die vonke nie, want net soos yster yster slyp, so dra een persoon by tot die volgende persoon se briljante idees.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy