... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jou Blik Op die Ewigheid

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Openbaring 7:9,10 Hierna het ek 'n groot menigte gesien wat niemand kon tel nie. Hulle was van elke nasie, stam, volk en taal en het voor die troon en voor die Lam gestaan. Hulle het wit klere aangehad, en daar was palmtakke in hulle hande. Hulle het hard uitgeroep: “Ons redding kom van ons God, wat op die troon sit, en van die Lam!”

Listen to the radio broadcast of

Jou Blik Op die Ewigheid


Download audio file

Het jy al ooit gewens dat jy ‘n blik op die ewigheid kan kry? Hoe sal dit wees? Is dit die moeite werd om hier op aarde te worstel sodat jy die ewigheid saam met God aan die Anderkant kan deurbring … of nie?

Ek vermoed dat die meeste mense wat besluit het om hul lewe vir Jesus te leef, hulself al hierdie vraag afgevra het. Is dit alles regtig die moeite werd?

Dis nie ‘n onredelike vraag nie. Party dae is die versoeking so groot om net saam met die stroom te gaan; om te eet, te drink en vrolik te wees, om te swig voor die uitdagings: die oneerlikheid, die trots, die onsedelikheid, al daardie goed wat vandag in ons wêreld die norm geword het.

Dit sal mos baie makliker wees om saam met die wolwe in die bos te huil, as om jou vyande lief te hê, om diegene te dien wat dit nie verdien nie, om diegene te vergewe wat jou seergemaak het … en nie net dit nie; maar om die ander wang te draai, die ekstra myl te loop?

Om jou te help om daardie vraag vir jouself te beantwoord is hier ‘n blik op die ewigheid:

Openbaring 7:9,10 Hierna het ek ‘n groot menigte gesien wat niemand kon tel nie. Hulle was van elke nasie, stam, volk en taal en het voor die troon en voor die Lam gestaan. Hulle het wit klere aangehad, en daar was palmtakke in hulle hande. Hulle het hard uitgeroep: “Ons redding kom van ons God, wat op die troon sit, en van die Lam!”

As jy Jesus vertrou en as jy getrou aan Hom bly, sal jy eendag in daardie skare voor die troon staan … en daar sal jy Hom vir ‘n ewigheid, sonder einde, aanbid. Dit sal mos absoluut die moeite werd wees!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.