... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Bose Diep in die Mens

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Galasiërs 2:20 ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.

Listen to the radio broadcast of

Die Bose Diep in die Mens


Download audio file

Daar is soveel boosheid in hierdie wêreld. Dink net aan mense met hul trots, selfsug en arrogansie. Wat van mishandeling, gesinne wat verdeeld is, nasies wat in oorlog vasgevang is, die armes, die uitgeworpenes. . .? Ja, boosheid is deesdae beslis nie skaars nie.

Maar kom ons kyk na die boosheid wat in ons eie harte lê. Miskien dink jy, “Wag nou, my vriend, waarvan praat jy? Ek is nie boos nie.” Maar nie een van ons is perfek nie. Ons almal flankeer met die bose. Soos die Russiese skrywer Aleksandar Solzhenitsyn in sy boek “Gulag Archipelago” geskryf  het…

As dit maar slegs moontlik was om daardie groepie bose mense, wat verraderlike bose dade pleeg, uit die samelewing te verwyder en hulle te vernietig! Maar die lyn tussen goed en kwaad, sny deur die hart van elke mens. En wie is bereid om ‘n stukkie van sy eie hart te vernietig?

Dis ‘n goeie vraag. Dis waarom Jesus ons maan om ons kruis op te neem en om Hom te volg. Dis hoekom Hy ons roep om ons lewens af te lê, om aan onsself te sterf om die ware lewe te vind. Die apostel Paulus stel dit so in:

Galasiërs 2:20 ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.

Terwyl jy dink aan daardie skeidslyn tussen goed en kwaad wat deur jou hart sny, mag ek jou vra … het jy die finale besluit geneem om saam met Christus gekruisig te word, om jou lewe af te lê, sodat jy ook kan verklaar: dit is nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe?

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.