... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

God se Groot Werke

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jeremia 32:17 Ag, Here my God, U het die hemel en die aarde gemaak deur u groot mag. Niks is vir U onmoontlik nie.

Listen to the radio broadcast of

God se Groot Werke


Download audio file

Het jy al ooit daarna gesmag om iets “groots” vir God te doen? Het jy al gedroom dat Hy kragtig deur jou in ander mense se lewens sal werk? Vir baie mense bly dit egter net ‘n droom.

Enigeen wat Jesus liefhet, het daardie drome gehad; daardie idee dat ons iets magtigs vir Hom kan doen; iets wat ‘n reuse impak op die wêreld en die lewens van diegene rondom ons sal hê. Maar so dikwels, kry die daaglikse realiteite en die druk van ons lewens die oorhand oor ons.

En net daar verdwyn daardie wonderlike droom! En ons kom met ‘n harde slag terug aarde toe. Die probleem met daardie drome is dat ons vanuit die verkeerde perspektief na hulle kyk. Ons sien hulle deur die prisma van wat óns kan doen, eerder as van wat God reeds gedoen het.

Kyk wat het die Ou Testamentiese profeet Jeremia geskryf:

Jeremia 32:17 Ag, Here my God, U het die hemel en die aarde gemaak deur u groot mag. Niks is vir U onmoontlik nie.

In ‘n tyd toe Israel groot teëspoed gehad het, het God hulle herinner aan Wie die groot krag en mag het en vir Wie niks onmoontlik is nie!

Vanuit ons perspektief lyk grootse werke altyd onmoontlik.

Hudson Taylor, die negentiende-eeuse sendeling na China, het dit eerstehands ervaar. Hy het verskriklike teenstand ondervind. Maar uit sy rype ervaring in sy lewe van diens aan God in die vreemde, het hy geskryf: “Ek het gevind dat daar drie stadiums in elke groot werk van God is … eers is dit onmoontlik, dan is dit moeilik, en dan is dit klaar.”

Daardie grootse werke waarvan ons droom, is nie ons werke nie, dit is God se werke … vir Hom is daar niks onmoontlik nie.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.